Gaan na inhoud

Grootkol-klipkabeljou

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Epinephelus macrospilos)

Grootkol-klipkabeljou
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Spesie:
E. macrospilos
Binomiale naam
Epinephelus macrospilos
Bleeker, 1855

Die grootkol-klipkabeljou (Epinephelus macrospilos) is 'n vis wat wydverspreid voorkom in die Indiese-Stille Oseaan gebied en sover oos tot by sentraal KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Bigspot rockcod.

Identifikasie

[wysig | wysig bron]

Die vis word tot 51 cm lank. Die lyf is kenmerkend bedek met bruin poligonale kolle met wit lyne tussen die kolle. Hierdie kolle is feitlik teenaan mekaar en bedek die kop, lyf en vinne. Die stertvin is bolrond met 'n wit rand. Die vis bly in aflandige koraal- en rotsriwwe in water wat 3 tot 45m diep is. Hulle is gewoonlik alleenlopers. Hulle word dikwels gesien waar hulle op 'n hoër rots of koraal kop lê wagtend op die regte prooi wat gewoonlik klein vissies en skaaldiere is.

Hierdie vis word dikwels gesien.

Sien ook

[wysig | wysig bron]
  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Verwysings

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakel

[wysig | wysig bron]