Fettuccine

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Fettuccine
Vars fettuccine.
Vars fettuccine.
Soort gereg Pasta
Land Vlag van Italië Italië
Hoofbestanddeel Meel, eiers
Soortgelyke geregte Tagliatelle

Fettuccine (letterlik "lintjies" in Italiaans; enkelvoud: fettuccina) is ’n soort pasta wat in Italië ontstaan en wêreldwyd gewild geraak het. Dit is dik, plat linte pasta wat van meel en eiers gemaak word (gewoonlik een eier per 100 g meel). Dit is breër as die tagliatelle wat eie is aan Bologna, maar soortgelyk.[1]

Dit word dikwels geëet met ’n sugo d'umido (biefsous) of ragù di pollo (hoendersous).[1]

Fettuccine word tradisioneel vars gebak, maar die gedroogde weergawe is algemeen in winkels te koop. Spinasie-fettuccine word gemaak van spinasie, eiers en meel. Geregte met fettuccine sluit in Fettuccine Alfredo. Dit word voorgesit met ’n botter-en-parmesaansous.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 Boni, Ada (1983) [1930]. La Cucina Romana (in Italian). Roma: Newton Compton Editori. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]