Spinasie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Spinasie, soos gebruik in Afrikaans, kan na verskillende blaargewasse verwys.

  • "Gewone" of "egte" spinasie[1], oftewel spinacia oleracea,[2] is die gewas wat in verskeie dele van die wêreld as "spinasie" bekend staan. Die blare is dun en kleiner as byvoorbeeld dié van spinasiebeet (sien hieronder).
  • Snybeet[3], ook genoem spinasiebeet of blaarbeet (beta vulgaris subsp. vulgaris var. vulgaris of cicla) is baie nou verwant aan beet en het herkenbare dik, geribde blare aan stele wat uit die grond groei. Ook die blare van gewone beet kan soos snybeet voorberei word. Dit is veral in Suid-Afrika, maar ook in Australië, dat "spinasie" ook na hierdie plant verwys.[4]
  • Tropiese spinasie (verskeie variëteite in die genus Amaranthus [5]). 'n Volksnaam vir een van die Amaranthus-variëteite is hanekam, wat, saam met 'n ander variëteit, ook as "morogo" bekend is ("morogo" is die Sotho-/Tswanawoord vir "groente" en verwys eintlik na verskillende donkergroen blaargewasse). Sommige tale verwys ook na morogo as "Afrika-spinasie". Die Afrikaanse naam "hanekam" word egter ook gebruik vir 'n verskeidenheid sierplante wat nie noodwendig eetbaar is nie.

Spinasiebeet[wysig | wysig bron]

Spinasiebeet
Chard in the Victory Garden.jpg
Rooispinasie groei by "Slow Food Nation"
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Spesie:
Subspesie:
B. vulgaris
subsp. cicla

Sinonieme[6][7]
  • Beta vulgaris var. cicla L. (basioniem)

Spinasiebeet (Beta vulgaris subsp. cicla of vulgaris),[8] is 'n blaarryke groen groente wat in verskeie kulture se kookkuns gebruik word. Die blare kan groen of rooierige gekleur wees; spinasiebeet se stingels wissel ook in kleur.[8] Spinasie word gekweek om hoogs voedsame blare te hê en word beskou as een van die gesondste groentes beskikbaar, dit maak dit 'n gewilde toevoeging tot 'n gesonde dieet (soos ander groen blaargroentes).[9] Spinasie bestaan al vir eeue lank, maar as gevolg van sy ooreenkoms met beet is dit moeilik om die presiese ontwikkeling van die verskillende variëteite van spinasie en beet te bepaal.[10]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Albertyn, C.F. (red), Afrikaanse Kinderensiklopedie (Nasionale Boekhandel Bpk.: 1963) 4:375
  2. Odendal, F.F. (red), HAT: Verklarende handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (Johannesburg: Perskor, 1984), bl. 1044.
  3. op sit HAT: Verklarende handwoordeboek bl. 1022.
  4. Bruce Donaldson. The Influence of English on Afrikaans (Pretoria: 1991). Aanlyn verkrygbaar by dbnl.org.
  5. Wêreldspektrum (Epping: Printpak Bpk, 1983) 9:191
  6. 6,0 6,1  Hierdie plant, behandel as 'n subspesie van Beta vulgaris, is die eerste keer gepubliseer in Synopsis der Deutschen und Schweizer Flora 2: 720. 1846. Sy basioniem is B. vulgaris var. cicla L. "Naam – Beta vulgaris subsp. cicla (L.) W.D.J.Koch". Tropicos (in Portugees). Saint Louis, Missouri: Missouri Botanical Garden. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 November 2019. Besoek op 26 Augustus 2011. Basionym: Beta vulgaris var. cicla L.
  7. 7,0 7,1  Die basioniem B. vulgaris subsp. cicla (B. vulgaris var. cicla L.) is oorspronklik beskryf en gepubliseer in Species Plantarum 1: 222. 1753. "Name – Beta vulgaris var. cicla L." Tropicos (in Portugees). Saint Louis, Missouri: Missouri Botanical Garden. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 November 2019. Besoek op 26 Augustus 2011. Annotation: as "Cicla"
  8. 8,0 8,1 [1] 17 November 2011, The New York Times
  9. whfoods.org, World's Healthiest Foods, George Mateljan Foundation, 17 November 2011
  10. cliffordawright.com, 17 November 2011, Clifford A. Wright
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.