Gérard Depardieu
Gérard Depardieu | |
Depardieu in 2015 by die Cannes-rolprentfees.
| |
Geboortenaam | Gérard Xavier Marcel Depardieu |
---|---|
Geboorte | 27 Desember 1948 |
Aktiewe jare | 1964-tans |
Gérard Xavier Marcel Depardieu (IFA: ʒeʁaʁ dəpaʁdjø; 27 Desember 1948) is ’n Franse akteur, rolprentmaker en sakeman. Hy is een van die besigste akteurs in die bedryf en was sedert 1967 in sowat 170 rolprente.
Loopbaan
[wysig | wysig bron]Depardieu het op 16 jaar na Parys verhuis en in die nuwe komedieteater Café de la Gare begin toneelspeel.[1] Hy het ook dans onder Jean-Laurent Cochet studeer.
Sy deurbraakrol was in 1974 in die Franse komedie Les Valseuses (Going Places).[2] Ander vroeë rolle sluit in die epiese 1900 saam met Robert de Niro (1976); The Last Metro (1980), waarvoor hy die Franse César-prys gewen het; Police (1985), waarvoor hy die prys vir beste akteur op die Venesiese Rolprentfees gekry het; Jean de Florette (1986) en Cyrano de Bergerac. Vir laasgenoemde het hy die prys vir beste akteur op die Cannes-rolprentfees en sy tweede César gewen, asook ’n Oscar-benoeming vir beste akteur gekry.
Hy was ook te sien in Green Card (1990), waarvoor hy ’n Golden Globe gewen het, en daarna in verskeie groot Hollywood-flieks, soos 1492: Conquest of Paradise (1992), Hamlet (1996) en Life of Pi (2012).
Hy is ’n kavalier van die Franse Erelegioen en van die Nasionale Meriete-orde. Hy het in Januarie 2013 Russiese burgerskap gekry[3] en het in dieselfde maand ’n kulturele ambassadeur van Montenegro geword.[4]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (fr) 30ste herdenkining van Café de la Gare, L'Express, 15 Augustus 2002
- ↑ Gérard Depardieu by IMdb
- ↑ "Executive Order on granting Russian citizenship to Gerard Depardieu". Russiese presidensiële kantoor (in Engels). 3 Januarie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Januarie 2015. Besoek op 20 Februarie 2016.
- ↑ "Depardieu nommé ambassadeur de la culture du Monténégro". La Voix de la Russie (in Frans). 9 Januarie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Oktober 2014. Besoek op 27 April 2014.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Gérard Depardieu in die Internet-rolprentdatabasis
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Gérard Depardieu.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia