Turkmene
- Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Turkmeens.
Turkmene | |
---|---|
Totale bevolking: | ca. 9 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Turkmenistan ~4,2 miljoen[1] Iran 1,3 miljoen[2] |
Taal: | Turkmeens |
Geloofsoortuiging: | Hoofsaaklik Soennitiese Islam |
Verwante etniese groepe: | Ander Turkse volke soos Azerbeidjanners, Basjkiriërs, Gagaoesiërs, Karakalpakke, Kasakke, Kirgisiërs, Oeigoere, Oesbeke, Tartare, Tsjoewasjiërs en Turke |
Die Turkmene (Turkmeense enkelvoud: Türkmen, Түркмен; meervoud: Türkmenler, Түркменлер, [tʏɾkmɛnˈlɛɾ]) vorm naas die Oesbeke en die Kasakke die derde grootste Turkse etniese groep in Sentraal-Asië. Hulle vorm die titulêre nasie van Turkmenistan, waar hulle sowat 85,6% van dié land se bevolking uitmaak, en praat Turkmeens, 'n Turkse taal, as moedertaal.
Naas Turkmene leef nog klein minderhede soos Oesbeke (5,8%), Russe (5,1%) en Kasakke (0,4%) in Turkmenistan. Turkmeense minderhede leef in lande soos Iran (1,3 miljoen), Afghanistan (200 000), Oesbekistan (152 000) en Pakistan (110 000).
Die Turkmene van Sentraal-Asië moenie verwar word nie met die Turkmene van die Midde-Ooste in Irak, Sirië en Turkye wat meer verwant aan Turke is en tydens die Ottomaanse tydperk daar gevestig het.[10]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Turkmenistan". Central Intelligence Agency (CIA). The World Factbook. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2020. Besoek op 18 Maart 2015.
- ↑ (en) "Iran". Central Intelligence Agency (CIA). The World Factbook. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Mei 2020. Besoek op 18 Maart 2015.
- ↑ (en) "Ethnic Groups". Library of Congress Country Studies. 1997. Besoek op 8 Oktober 2010. ^ Jump up to: a b
- ↑ (en) Alisher Ilhamov (2002). Ethnic Atlas of Uzbekistan. Open Society Institute: Tashkent.
- ↑ (en) http://www.unhcr.org/cgi-bin/texis/vtx/home/opendoc.pdf?tbl=SUBSITES&page=SUBSITES&id=434fdc702
- ↑ (en) "About number and composition population of Ukraine by data All-Ukrainian census of the population 2001". Ukraine Census 2001. State Statistics Committee of Ukraine. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 17 Januarie 2012.
- ↑ (en) "Turkmen Camel Driver by Sergei Mikhailovich Prokudin-Gorskii". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 18 Maart 2015.
- ↑ (en) "Turkmen Man Posing with Camel Loaded with Sacks, Probably of Grain or Cotton, Central Asia". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Mei 2020. Besoek op 18 Maart 2015.
- ↑ (en) Prokudin-Gorskii. "Prokudin-Gorsky, other". Šechtl & Voseček. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 November 2019. Besoek op 18 Maart 2015.
- ↑ (en) Larry Clark. Turkmen Reference Grammar. Otto Harrassowitz Verlag, 1998; bl. 11. ISBN 9783447040198
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Turkmene.
- (en) "Turkmen". Encyclopædia Britannica. Besoek op 25 Januarie 2019.