Gagaoesiërs

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Gagausiërs)
Spring na: navigasie, soek
Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Gagaoesies.
Gagaoesiërs
Gagauz-children.jpg
Jong en ou Gagaoesiërs
Totale bevolking: ca. 240 000
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Moldowa Moldowa

Vlag van Oekraïne Oekraïne 31 900[1]
Vlag van Turkye Turkye 15 000[2]
Vlag van Rusland Rusland 13 700[3]
Vlag van Kasakstan Kasakstan 700[4]
Vlag van Bulgarye Bulgarye 540[5]
Vlag van Roemenië Roemenië 45[6]

Taal: Gagaoesies, Russies, Moldawies/Roemeens
Geloofsoortuiging: Hoofsaaklik Oosters-Ortodokse Kerk
Verwante etniese groepe: Ander Turkse volke soos Azerbeidjanners, Kasakke, Kirgisiërs, Oeigoere, Oesbeke, Turke en Turkmene
Nie-amptelike vlag van die Gagaoesiërs

Die Gagaoesiërs (Gagaoesies: Gagauzlar) is 'n Turkse etniese groep inheems aan die outonome gebied Gagaoesië in Moldowa.[7] Hulle praat Gagaoesies, 'n Turkse taal, as moedertaal en Russies of Moldawies/Roemeens as tweede taal.

Die meeste Gagaoesiërs leef in Gagaoesië (Moldowa), gevolg deur Oekraïne, Turkye en Rusland. In Oekraïne leef Gagaoesiërs veral in die oblaste Odessa en Saporisja en in Rusland in die outonome republiek Kabardino-Balkarië.

In teenstelling met die ander Turkse volke wat hoofsaaklik Islamities is, is die meeste Gagaoesiërs aanhangers van die Oosters-Ortodokse Kerk.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Ukrainian Census 2001
  2. http://enc.mail.ru/article/1900020242
  3. (ru) "2002 Russian census". Verkry op 8 April 2016. 
  4. (en) "Gagauzi Turk". Joshua Project. Verkry op 8 April 2016. 
  5. (bg) "Етнически малцинствени общности". Verkry op 8 April 2016. 
  6. Romanian Census 2002
  7. (en) Menz, Astrid (2006). “The Gagauz”, The Turkic speaking peoples. Prestel. ISBN 978-3-7913-3515-5. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]