Gifboom

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Gifboom
Euphorbia-virosa.jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Division:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
E. virosa
Binomiale naam
Euphorbia virosa

Die Gifboom (Euphorbia virosa) is 'n plant van die Naboomfamilie Euphorbiaceae. Dit het 'n kort hoofstam, gewoonlik verdraaid, waarvan 5–10 cm-dik takke uitspruit. Hierdie blaarlose takke is 5- tot 8-hoekig. Gepaarde dorings (aangepasde blare) groei reëlmatig gespasiëerd op die hoekribbe.

Euphorbia virosa is algemeen verspreid vanaf die Oranjerivier in Suid-Afrika tot in suid-Angola, en is grootliks tot die ariede dele van Namibië beperk. Die plant bevat in die stamme 'n melkerige, romerige substansie met karsinogeniese eienskappe. Hierdie besonder giftige substansie word deur Boesmans gebruik, om te smeer op die punte van hul jagpyle. Kontak daarmee veroorsaak velirritasie, en indien die oë aangetas word, kan dit blindheid veroorsaak.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]