Hermosillo
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Meksiko |
Deelstaat | Sonora |
Koördinate | 29°06′N 110°57′W / 29.100°N 110.950°W |
Gestig op | 18 Mei 1700 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 14 880,2 vk km |
Hoogte bo seevlak | 216 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2010) | 715 061 |
- Bevolkingsdigtheid | 43/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 784 322 |
Tydsone | CST (UTC -6) |
Somertyd | CDT (UTC -5) |
Klimaat | |
- Tipe | Subtropiese klimaat |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 24,9 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | 16,9 / 32,4 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 365,7 mm |
Burgemeester | Alejandro López Caballero |
Amptelike Webwerf | hermosillo.gob.mx |
Hermosillo (Spaans: [eɾmoˈsiʎo], voorheen Santísima Trinidad del Pitic en Presidio del Pitic) is die hoofstad en grootste stad van die noordwestelike Meksikaanse deelstaat Sonora en is op 18 Mei 1700 deur Spanjaarde onder die conquistador Juan Bautista Escalante gestig. Die stad het 'n bevolking van 715 061 en van 784 322 in die metropolitaanse gebied in 2010 gehad en het 'n oppervlakte van 14 880,2 km².
Hermosillo is geleë net oostelik van die Golf van Kalifornië, suidwes van Ciudad Juárez en suidoos van Mexicali. Die grens tot die Verenigde State is 270 kilometer in die noorde geleë.
In 1828 is die stad ná die generaal en vegter vir onafhanklikheid José María González de Hermosillo vernoem. Tydens die Meksikaanse Rewolusie het Hermosillo vir 'n paar maande as hoofstad van Meksiko en setel van die kabinet van Venustiano Carranza gedien.
Sedert die stigting van die NAFTA saam met Kanada en die VSA op 1 Januarie 1994 het die stad 'n ekonomiese groei ervaar, veral deur Amerikaanse en Meksikaanse maatskappye.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Hermosillo.
- Amptelike webwerf
Hoofstede van Meksiko | ||||
---|---|---|---|---|
|