Huis van Normandië

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Huis van Normandië
Engelse koningshuis
Land Engeland
Voorganger Huis van Wessex
Opvolger Huis van Plantagenet
Eerste heerser Willem die Veroweraar
Laaste heerser Stephen
of
Matilda (betwis)

Die Huis van Normandië is die naam wat gebruik word vir die konings van Engeland ná die Normandiese verowering in 1066. Die invallende Normandiërs en hul nageslag het die Engelse heersersklas vervang. Die adel van Engeland was deel van ’n enkele Franssprekende kultuur en baie het grond weerskante van die Engelse kanaal besit. Die vroeë Normandiese konings van Engeland was as Hertoë van Normandië onderhorig aan die koning van Frankryk. Hulle het Engeland nie noodwendig as hul belangrikste eiendom beskou nie (hoewel dit hulle die titel koning besorg het – ’n belangrike statussimbool).

Die bewind van die Huis van Normandië het geduur tot met die totstandkoming van die Plantagenet-dinastie in 1154. Dit het Willem die Veroweraar en sy erfgename tot in 1135 ingesluit. Daarna is dit betwis deur Willem se kleinkinders Matilda en Stephen van die Huis van Blois (of die Blesevin-dinastie).

Dit was eers ná die Normandiese verowering dat Engelse monarge volgens die Franse manier genommer is, hoewel die vroeëre gebruik om konings deur byname te onderskei, nie dadelik uitgesterf het nie.

Engelse monarge van die Huis van Normandië[wysig]

Monarg Portret Gebore Huwelik Oorlede
Willem I die Veroweraar
25 Desember
10661087[1]
William the Conqueror depicted at the Battle of Hastings, on the Bayeux Tapestry c. 1028
Falaise-kasteel
seun van Robert I, Hertog van Normandië en Herleva[1]
Matilda van Vlaandere
Chapel Notre Dame, Normandië
1053
10 kinders[1]
9 September 1087
Sint Gervais in Rouen
op sowat 59[1]. Begrawe in Etienne-abdy (Abbaye aux Hommes) in Caen
Willem II Rufus
(Willem le Roux)
26 September
10871100[1]
William Rufus depicted in the Stowe Manuscript c. 1060
Normandië
seun van Willem die Veroweraar en Matilda van Vlaandere[1]
ongetroud 2 Augustus 1100
New Forest
op sowat 40[1]
Hendrik I
(Henri Beauclerc)
5 Augustus
11001135[2]
Henry I September 1068
Selby
seun van Willem die Veroweraar en Matilda van Vlaandere[2]
(1) Edith van Skotland
Westminster-abdy
11 November 1100
vier kinders
(2) Adeliza van Louvain
Windsor-kasteel
29 Januarie 1121
geen kinders[2]
1 Desember 1135
Kasteel van Lyons-la-Forêt (Saint-Denis-en-Lyons)
op 67[2]. Begrawe in Reading-abdy
Stephen I
(Étienne de Blois)
22 Desember
11351154[3]
Stephen c. 1096
Blois
seun van Stephen, Graaf van Blois en Adela van Normandië[2]
Matilda van Boulogne
Westminster
1125
vyf kinders[2]
25 Oktober 1154
Dover-kasteel
op sowat 58[2]
Matilda
(Mathilde ou
Mahaut l'emperesse
)
7 April1 November 1141[4]
Titel betwis
Matilda 7 Februarie 1102
Sutton Courtenay
enigste wettige dogter van Hendrik I en Edith van Skotland[5]
(1) Hendrik V, Heilige Romeinse Keiser
Mainz
6 Januarie 1114
geen kinders
(2) Geoffrey V, Graaf van Anjou
Le Mans-katedraal
22 Mei 1128
drie kinders
10 September 1167
Notre Dame du Pré in Rouen
op 65[4]

Verwysings[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel [1]
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 thePeerage.com - Person Page 10203”. URL besoek op 2007-10-25.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 2,5 2,6 thePeerage.com - Person Page 10204”. URL besoek op 2007-10-25.
  3. STEPHEN (of Blois) - Archontology.org”. URL besoek op 2007-10-25.
  4. 4,0 4,1 Matilda het dieselfde tyd as Stephen regeer, maar haar bewind is betwis. thePeerage.com - Person Page 10204”. URL besoek op 2007-10-27.
  5. MATILDA (the Empress) - Archontology.org”. URL besoek op 2007-10-27.
Monarge van Engeland
Huis van Wessex: EgbertEthelwulfEthelbaldEthelbertEthelredAlfred die GroteEduard die OuereEthelweardAthelstanEdmund IEdredEdwy die RegverdigeEdgar die VreedsameSint Eduard die MartelaarEthelred IIDenemarke: Sven VurkbaardKnoet die GroteHuis van Wessex (herstel): Ethelred IIEdmund IronsideDenemarke (herstel): Knoet die GroteHarold HaasvoetHartaknoetHuis van Wessex (herstel): Sint Eduard die BelyerHarold GodwinsonEdgar AdelingHuis van Normandië: Willem I die VeroweraarWillem II RufusHendrik IStefanusMatildaHuis van Plantagenêt: Huis van Anjou (Angevyne)Hendrik IIHendrik die Jong KoningRichard IJan Sonder LandHendrik IIIEduard IEduard IIEduard IIIRichard IIHuis van LancasterHendrik IVHendrik VHendrik VIHuis van YorkEduard IVHuis van Lancaster (herstel)Hendrik VIHuis van York (herstel)Eduard IVEduard VRichard IIIHuis van Tudor: Hendrik VIIHendrik VIIIEduard VIJaneMaria IElizabeth IHuis van Stuart: Jakobus IKarel I • (Gemenebes van Engeland) • Huis van Stuart (herstel): Karel IIJakobus IIWillem III van OranjeMaria IIAnna