Hyundai Motormaatskappy

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Hyundai Motormaatskappy
Hyundai Motor Company logo.svg
Tipe Aandelemaatskappy
Gestig 29 Desember 1967
Hoofkantoor SeoelSuid-Korea
SleutelpersoneChung Mong-koo (Voorsitter en hoof uitvoerende beampte)
Gebied bedienWêreldwyd
IndustrieMotorvervaardiger
ProdukteMotors, kommersiële voertuie, enjins
Diensteonderdele, onderhoudsdiens, finansiering, versekering
Inkomste$86 miljard (2013)
Bedryfsinkomste$8,2 miljard (2013)
Netto inkomste$8,4 miljard (2013)
Werknemers63 099 (2013)
MoedermaatskappyHyundai Motorgroep
DivisiesKia
Webwerfworldwide.hyundai.com

Die Hyundai Motormaatskappy is 'n multinasionale motorvervaardiger met sy hoofkwartier in Seoel, Suid-Korea. Die maatskappy is in 1967 gestig en vorm saam met sy filiaal van 32.8%, Kia Motors, die Hyundai Motorgroep, wat die wêreld se vyfde grootste motorvervaardiger is gebaseer op jaarlikse voertuigverkope in 2012.[1][2] Sedert 2008 word Hyundai Motors (sonder Kia) beskou as die wêreld se agtste grootste motorvervaardiger. [3] Hyundai het in die 2012-jaar meer as 4,4 miljoen voertuie wêreldwyd verkoop,[4] hulle totale verkope saam met Kia was 7,12 miljoen.[5]

Hyundai is tans die vierde grootste motorvervaardiger ter wêreld. Hyundai bedryf die wêreld se grootste geïntegreerde motorvervaardigingsfasiliteit[6] in Ulsan, Suid-Korea, wat 'n jaarlikse produksiekapasiteit van 1,6 miljoen eenhede het. Die maatskappy het ongeveer 75 000 werknemers wêreldwyd in diens. Hyundaivoertuie word in 193 lande deur meer as 6 000 handelaars en vertoonlokale bemark.

Bekende Hyundaimodelle in Suid-Afrika is/was:

Verwysings[wysig | wysig bron]