Jeffrey Epstein

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Jeffrey Epstein

Jeffrey Edward Epstein (20 Januarie 1953 in New York10 Augustus 2019 in New York) was 'n Joods-Amerikaanse finansier en seksuele misdadiger bekend vir sy beweerde sekshandel van minderjariges en sy verbintenisse met menige van die wêreld se elite.[1][2] Epstein begin sy loopbaan in finansies by die beleggingsbank Bear Stearns, waarna hy sy eie firma, J. Epstein & Co., stig. Tot en met sy veroordeling vir seksmisdade in 2008 was hy 'n gerekende en vername multimiljoenêr wat in die finansiële, politieke, en kulturele elite van die samelewing beweeg het.[3]

In 2005 begin die polisie in Palm Beach, Florida om hom te ondersoek nadat 'n ouer beweer het dat Epstein haar 14-jarige dogter gemolesteer het. Epstein het uiteindelik skuldig gepleit en is in 2008 in 'n Florida-staatshof vir die uitlokking van 'n prostituut en vir die verkryging van 'n minderjarige prostituut, tot 13 maande gevangenisstraf met werkvrylating gevonnis.[4] Federale amptenare het 36 meisies so jonk as 14 jaar geïdentifiseer wat deur Epstein gemolesteer is.[5][6]

Epstein is weer eens op 6 Julie 2019 in hegtenis geneem op federale aanklagtes van sekshandel met minderjariges in Florida en New York.[7][8] Hy sterf op 10 Augustus 2019 glo weens selfmoord in sy tronksel in Manhattan.[9][4]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. U.S. Attorney's Office for the Southern District of New York (8 Julie 2019). "Jeffrey Epstein Charged in Manhattan Federal Court With Sex Trafficking of Minors". Persberig. https://www.justice.gov/usao-sdny/pr/jeffrey-epstein-charged-manhattan-federal-court-sex-trafficking-minors. Besoek op 8 Julie 2019. 
  2. Lewis, Paul (4 Januarie 2015). "Jeffrey Epstein: The rise and fall of teacher turned tycoon". The Guardian. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 November 2016. Besoek op 7 November 2016.
  3. "Who Was Jeffrey Epstein Calling? A close study of his circle — social, professional, transactional — reveals a damning portrait of elite New York". New York. 22 Julie 2019. Besoek op 25 Julie 2019.
  4. 4,0 4,1 ANA-AP (10 Augustus 2019). Miljardêr-seksoortreder dood in tronksel gevind. Maroela Media. URL besoek op 10 Augustus 2019.
  5. Brown, Julie (28 November 2018). "How a future Trump Cabinet member gave a serial sex abuser the deal of a lifetime". Miami Herald. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 November 2018. Besoek op 28 November 2018.
  6. Buncombe, Andrew (2 Januarie 2015). "Jeffrey Epstein: the billionaire paedophile with links to Bill Clinton, Kevin Spacey, Robert Maxwell – and Prince Andrew". The Independent. London, England. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 September 2015. Besoek op 7 November 2016.
  7. Shallwani, Pervaiz; Briquelet, Kate; Siegel, Harry (6 Julie 2019). "Jeffrey Epstein Arrested for Sex Trafficking of Minors". The Daily Beast. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Julie 2019. Besoek op 7 Julie 2019.
  8. Chaitin, Daniel (7 Julie 2019). "Jeffrey Epstein arrested for sex trafficking of minors in Florida and New York". Washington Examiner. MediaDC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Julie 2019. Besoek op 7 Julie 2019.
  9. Rashbaum, William K.; Weiser, Benjamin (10 Augustus 2019). "Jeffrey Epstein Commits Suicide at Manhattan Jail". The New York Times. Besoek op 10 Augustus 2019.