John Bolton

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
John Bolton
John Bolton

27ste Nasionale Veiligheidsadviseur van die Verenigde State
Ampsbekleër
Termynaanvang
9 April 2018
Vise Nadia Schadlow
Ricky L. Waddell
Mira Ricardel
Charles Kupperman
President Donald Trump
Voorafgegaan deur H.R. McMaster
Voorafgegaan deur John Danforth
Opgevolg deur Zalmay Khalilzad

3rde Adjunkminister van Buitelandse Sake vir Wapenbeheer en Internasionale Veiligheid
Ampstermyn
11 Mei 2001 – 31 Julie 2005
President George W. Bush
Voorafgegaan deur John D. Holum
Opgevolg deur Robert Joseph

18de Assistentminister van Buitelandse Sake vir Internasionale Organisasies
Ampstermyn
22 Mei 1989 – 20 Januarie 1993
President George H. W. Bush
Voorafgegaan deur Richard S. Williamson
Opgevolg deur Douglas J. Bennet

Minister van Justisie vir die Siviele Afdeling
Ampstermyn
1988 – 1989
President Ronald Reagan
Voorafgegaan deur Richard K. Willard
Opgevolg deur Stuart M. Gerson

Adjunkminister van Justisie vir die Kantoor van Wetgewende Sake
Ampstermyn
1985 – 1988
President Ronald Reagan
Voorafgegaan deur Robert A. McConnell[1]
Opgevolg deur Thomas M. Boyd[2]

Assistentadministrateur vir die Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling vir Program- en Beleidkoördinasie
Ampstermyn
1982 – 1983
President Ronald Reagan
Voorafgegaan deur Alexander Shakow[3]
Opgevolg deur Richard A. Derham[4]

Persoonlike besonderhede
Gebore 20 November 1948 (1948-11-20) (70 jaar oud)
Eggenoot/eggenote Christine Bolton (∞ 1972, geskei in 1983)
Gretchen Smith Bolton (∞ datum onbekend)
Kind(ers) Jennifer Sarah
Alma mater Yale-universiteit (BA summa cum laude, JD)
Religie Lutheraan

John Robert Bolton (gebore 20 November 1948 in Baltimore, Maryland) is 'n Amerikaanse prokureur, politieke kommentator, konsultant (in diens van die Republikeinse Party), regeringsamptenaar en vroeëre diplomaat wat sedert 9 April 2018 die amp van 27ste Nasionale Veiligheidsadviseur van die Verenigde State beklee.

Bolton is 'n gewese senior vennoot van die American Enterprise Institute (AEI) en kommentator vir die nuuskanaal Fox News Channel. Hy was adviseur oor buitelandse beleid vir Mitt Romney, die Republikeinse Party se kandidaat vir die presidensiële verkiesing van 2012. Bolton was betrokke by 'n verskeidenheid konserwatiewe organisasies, waaronder die Gatestone Institute waar hy tot Maart 2018 as voorsitter gefungeer het, en as 'n direkteur vir die Projek vir die Nuwe Amerikaanse Eeu (Project for the New American Century) wat vir die militêre intervensie in Irak gepleit het.

Bolton word deur politieke opponente as oorlogshaak beskryf, onder meer weens sy steun vir regimeverandering in Iran, Sirië, Libië, Venezuela, Kuba, Jemen en Noord-Korea. Ondanks sy betrokkenheid by organisasies wat as «neokonserwatief» bestempel word, hou Bolton nie daarvan om as aanhanger van hierdie stroming binne die Amerikaanse politiek gekategoriseer te word nie.

Bolton het hom as 'n kenner van Britse politiek voorgedoen en het persoonlike kontak met 'n verskeidenheid Britse politici. Die Verenigde Koninkryk (VK) se onttrekking uit die Europese Unie geniet sy entoesiastiese steun. So het hy 'n omvattende bilaterale handelsooreenkoms in die vooruitsig gestel.[5] Kritiese Britse kommentatore vrees dat Bolton se ware agenda een of ander soort regimeverandering in die VK is wat die land se internasionale status tot dié van 'n Amerikaanse vasalstaat sal laat daal.[6]

John Bolton kom uit 'n beskeie agtergrond. Hy is gebore as seun van Virginia Clare, 'n huisvrou, en haar eggenoot Jack Bolton, 'n brandweerman in Baltimore. Hy het die grootste gedeelte van sy kinderjare in Yale Heights, 'n werkersklasbuurt in Baltimore se Suidwesdistrik, deurgebring. Hy was 'n briljante leerder wat 'n beurs verwerf het om aan die prestigieuse McDonough-skool in Owings Mills, Maryland te studeer.

Verwysings[wysig | wysig bron]