Venezuela

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Bolivariaanse Republiek van Venezuela
República Bolivariana de Venezuela
Vlag van Venezuela Wapen van Venezuela
Vlag Wapen
Volkslied: Gloria al Bravo Pueblo
Ligging van Venezuela
Hoofstad Caracas
Grootste stad Caracas
Amptelike tale Spaans
Regering Republiek
Nicolás Maduro
Elías Jaua
Onafhanklikheid

30 Maart 1845
van Colombia
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
916 445 km2  (33ste)
353 841 myl2
0,32
Bevolking
 - 2009-skatting
 - 2001-sensus
 - Digtheid
 
26 814 843 (40ste)
23 054 985
30,2 / km2 (173ste)
77 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2009-skatting

349 081 billion
12 201

MOI (2007) 0.844 (58ste)  –  high
Geldeenheid Bolivar ([[ISO 4217|VEF]])
Tydsone
 - Somertyd
-4:30 (UTC-4:30)
-4:30 (UTC-4:30)
Internet-TLD .ve
Skakelkode +58
Kaart van Venezuela

Die Bolivariaanse Republiek van Venezuela (Spaans: República Bolivariana de Venezuela, "klein Venesië") is 'n land in die noorde van Suid-Amerika 1. Dit grens aan die Karibiese See en die Atlantiese Oseaan aan die noorde, Guyana aan die ooste, Brasilië aan die suide en Colombia aan die weste. Noord van Venezuela lê die Karibiese state van Aruba, die Nederlandse Antille en Trinidad en Tobago.

Geskiedenis[wysig]

Hoofartikel: Geskiedenis van Venezuela

State[wysig]

Hoofartikel: State van Venezuela

Venezuela is verdeel in 23 state (estados), een federale distrik (distrito capital) en een federale afhanklike (dependencias federales), gemerk deur 'n *:

Geografie[wysig]

Hoofartikel: Geografie van Venezuela

Venezuela het 'n verskeidenheid van landskappe, soos die noordelike gedeeltes van die Andesgebergte in die noordweste en langs die noordelike Karibiese kus, waar die hoogste punt die piek Pico Bolivar teen 'n hoogte van 5,007 m is. Noord van Venezuela se vasteland lê Los Roques, 'n reeks koraal-eilande. Ook in die Noordweste is die laeveld gebiede rondom Maracaibo meer en die Golf van Venezuela. Die sentrale deel van die land word gekenmerk deur uitgestrekte vlaktes genoem llanos wat strek van die Colombiaanse grens tot die rivierdelta van die Orinoco in die ooste. In die Suide is die Guiana Hooglande, tuiste van die Angel Falls, die wêreld se hoogste waterval.

Die klimaat is tropies en oor die algemeen warm en vogtig, alhoewel meer gematig in die hooglande. Die hoofstad, Caracas is ook die land se grootste stad. Ander groot stede is onder andere Maracaibo, Barquisimeto, Valencia, Maracay, en Ciudad Guayana.

Eksterne skakels[wysig]

Commons
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Venezuela (bladsy)


 
Lande in Suid-Amerika
Argentinië | Bolivië | Brasilië | Chili | Colombia | Ecuador | Guyana | Paraguay | Peru | Suriname | Uruguay | Venezuela
Afhanklike gebiede: Falkland-eilande - Frans-Guyana - Galápagos-eilande - Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande

Lande van: Afrika Asië Europa Noord-Amerika Oseanië