John Lomax

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
John Lomax in die 1911-uitgawe van die South African Who's Who.
Op dié foto deur sy broer Ambrose Lomax van 'n kantoorgebou op Molteno is dit waarskynlik John Lomax wat links staan. Hy het op Molteno by die prokureursfirma van Hall & Hope gewerk.

John Lomax was 'n prokureur, gebore op 3 Oktober 1882 op Southwell, distrik Benede-Albanie, naby Grahamstad, die seun van die landelike deken van Cradock. Hy ontvang sy opvoeding aan die St. Andrew's-kollege, Grahamstad, en behaal die graad B.A. aan die Universiteit van Kaapstad. Hy sluit hom ná sy opleiding aan by die prokureursfirma van Hall & Hope op Molteno in die Noordoos-Kaap.

Sy stokperdjies was krieket, tennis, en letterkunde. Hy was die medewenner van die Gesamentlike Mansvoorgee, Seepunt-tennisklub in 1907. Hy het van 1906 tot 1907 eersteklaskrieket gespeel in Kaapstad en vir die Suid-Afrikaanse Kollege-elftal met sy hoogste telling 73. In 1908 het hy vir die dorpspan van Molteno gespeel met sy hoogste telling 98. Die skrywer en kunstenaar Johannes Meintjes beskryf Lomax as "een van die dorp se beste en aantreklikste sportmanne".

Lomax was ook 'n dramaturg. Van sy bekendste werke was "Irais" en "Court-Martialled", wat ook in Afrikaans as "Voor die Krygsraad" opgevoer is.

Op 20 Mei 1908 is hy getroud met Hortense Eleanor Florence, jongste dogter van A.F.M. du Toit, van Middelburg, Kp. Sy broer Ambrose Lomax was 'n apteker en fotograaf.

Bronne[wysig | wysig bron]

  • Donaldson, Ken. 1911. South African Who's Who 1911. Johannesburg: Ken Donaldson.
  • Meintjes, Johannes. 1974. Dorp van drome. Die geskiedenis van Molteno 1874–1974. Molteno: Munisipaliteit.

Eksterne Skakels[wysig | wysig bron]