John William Colenso

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
John William Colenso
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Portret van John William Colenso deur Samuel Sidley in 1866

Gebore (1814-01-24)24 Januarie 1814
St Austell, Cornwall, Engeland
Oorlede 20 Junie 1883 (op 69)
Durban, Natalkolonie
Nasionaliteit Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Ouers John William Colenso (vader)
Beroep Biskop, wiskundige, teoloog, Bybelse geleerde en sosiale aktivis
Bekend vir eerste Anglikaanse biskop van Natal
Termyn in amp 1853–20 Junie 1883
Voorganger Nuwe amp
Opvolger Hamilton Baynes
Religie Anglikaanse Kerk van Suider-Afrika
Huweliksmaat Sarah Frances Bunyon (vanaf 1846)
Kind(ers) Harriet Emily, Frances Ellen, Robert John, Francis "Frank" Ernest en Agnes

Biskop John William Colenso (18141883) was die eerste biskop van die Anglikaanse Kerk in Natal (1853–1883).

'n Verskil oor die uitleg van die Bybel lei daartoe dat hy deur die biskop van Kaapstad van sy amp onthef word. 'n Hofsaak volg en hy beroep hom uiteindelik op die Britse Geheime Raad, wat beslis dat die koloniale kerke nie wetlik aan die Anglikaanse Kerk in Engeland gebind is nie en daarom by gebrek aan 'n vaste reëling nie gehoorsaamheid aan mekaar kan opdwing nie.

Dit was veral op Colenso se aandrang dat Langalibalele van Robbeneiland na die vasteland vir aanhouding teruggebring is. Later het sy dogter ook as pleitbesorger vir Dinuzulu opgetree.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]