Colenso

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Colenso
eSkipeni
Ligging waar die Slag van Colenso plaasgevind het.
Ligging waar die Slag van Colenso plaasgevind het.
Ligging van Colenso op 'n kaart (KwaZulu-Natal)
Colenso
Colenso
Koördinate: 28°44′12″S 29°49′35″O / 28.73667°S 29.82639°O / -28.73667; 29.82639Koördinate: 28°44′12″S 29°49′35″O / 28.73667°S 29.82639°O / -28.73667; 29.82639
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie KwaZulu-Natal
Distriksmunisipaliteit Uthukela
Plaaslike Munisipaliteit Emnambithi/Ladysmith
Stigting 1855
Oppervlak
 - Dorp 9,77 km²  (3,8 vk m)
Bevolking (2011)
 - Dorp 6 388
 - Digtheid 650/km² (1 683,5/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 3360
Skakelkode(s) 036

Colenso is 'n dorp in KwaZulu-Natal, sowat 210 km van Durban op die suidelike oewer van die Tugelarivier. Die Zoeloe naam vir die dorp is eSkipeni (Plek van die Boot).[1]

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Die Colenso-kragsentrale, omstreeks 1972.

Die dorpie is by 'n drif gestig in 1855; mettertyd het winkels en 'n hotel gevolg. Dit is genoem na die eerste Anglikaanse biskop van Natal, John William Colenso. Die Bulwerbrug, genoem na sir Henry Bulwer, goewerneur van die Kolonie van Natal, is in 1879 oor die rivier gebou. Die huidige museum was oorspronklik die tolhuis vir die brug. Albei die brug en die tolhuis is in 1978 tot nasionale gedenkwaardighede verklaar.[2] In 1886 het die spoorlyn vanaf Durban na Johannesburg die dorp bereik.

Op 15 Desember 1899, tydens die Tweede Vryheidsoorlog, het die Slag van Colenso hier plaasgevind toe Redvers Buller probeer het om die beleg van Ladysmith op te hef.

Die dorp is in 1926 geproklameer. Dieselfde jaar is 'n kragsentrale op die dorp gebou om elektrisiteit vir die spoorweë op te wek. In 1929 is die kragsentrale aan Evkom verkoop. Tussen 1959 en 1972, die spitsjare van sy lewe, kon die kragsentrale 165 MW lewer. Aangesien nuwe steenkoolkragsentrales 'n termiese doeltreffendheid van 21% kan behaal teenoor 'n maksimum van 19,1% by Colenso, is die kragsentrale in 1984 uit diens gestel.[3]

In 1958 word Colenso 'n munisipaliteit.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Bulpin, TV (1966). Natal and the Zulu Country, 3rd (in Engels), Cape Town: T.V. Bulpin Publications Ltd. p. 248. 
  2. Bulwer Bridge and Old Toll House, Colenso, Estcourt District”. Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap: 28 April 1978. URL besoek op 1 November 2014.
  3. Colenso Power Station”. ESCOM Heritage: 23 Augustus 2006.

Bronne[wysig | wysig bron]