Johnny Depp

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Johnny Depp
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Depp in 2013.

Geboortenaam John Christopher Depp II
Geboorte 9 Junie 1963 (1963-06-09) (56 jaar oud)
Aktiewe jare 1984-tans

John Christopher "Johnny" Depp II (gebore op 9 Junie 1963)[1] is ’n Amerikaanse akteur, rolprentvervaardiger en musikant wat al onder meer die Golden Globe vir beste akteur gewen het.

Loopbaan[wysig | wysig bron]

Depp in 1992 by die Cannes-rolprentfees.

Depp word beskou as een van die beste akteurs ter wêreld.[2][3] Hy het in die 1980's bekend geraak in die televisiereeks 21 Jump Street en ’n tiener-idool geword. Sedertdien het hy uitdagende rolle aanvaar – onder meer in Oliver Stone se Viëtnamoorlogsprent Platoon (1986), die donker romantiese fantasie Edward Scissorhands (1990), die drama oor ’n disfunksionele gesin What's Eating Gilbert Grape (1993, saam met ’n jong Leonardo DiCaprio), die biografiese prent Ed Wood (1994) en die misdaaddrama Donnie Brasco (1997).

Hy het ook sukses behaal in die fantasie-avontuurprent Sleepy Hollow (1999), die fantasieprent Pirates of the Caribbean: The Curse of the Black Pearl (2003) en sy opvolge, die musiekavontuurfliek Charlie and the Chocolate Factory (2005), die semibiografie Finding Neverland, die fantasieprent Alice in Wonderland (2010) en as die stem van die titelkarakter in die animasie-aksiekomedie-western Rango (2011).

Depp is vir verskeie rolprentpryse benoem, onder meer drie Oscars. Hy het ’n Golden Globe gewen vir Sweeney Todd: The Demon Barber of Fleet Street (2007) asook ’n Screen Actors Guild Award vir Pirates of the Caribbean: The Curse of the Black Pearl. Die Guinness World Records het hom in 2012 gelys as die akteur wat die meeste verdien ($75 miljoen).[4]

In 1999 het hy ’n ster op die Hollywood Walk of Fame gekry en in 2015 het hy ’n "Disney Legend" geword.[5]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Johnny Depp Biography (1963-)". FilmReference.com. Besoek op 1 Februarie 2015.
  2. "Tom Cruise, Johnny Depp, and the state of the modern Movie Star - EW.com". ew.com.
  3. "Johnny Depp May Now Be The Biggest Movie Star Of All Time". NBC4 Washington.
  4. Erenza, Jen (14 September 2011). "Justin Bieber, Miranda Cosgrove, & Lady Gaga Are Welcomed Into 2012 Guinness World Records". RyanSeacrest.com. Besoek op 16 September 2011.
  5. Flores, Terry (14 Augustus 2015). "Johnny Depp Makes Surprise Appearance at Disney's D23 Expo". Variety. Besoek op 14 Augustus 2015.