Kafue-kurper
Kafue-kurper | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | S. mortimeri
|
Binomiale naam | |
Sargochromis mortimeri (Bell-Cross, 1975)[2]
|
Die Kafue-kurper (Sargochromis mortimeri) is 'n varswater vis wat voorkom in die boonste en middelste gedeeltes van die Zambezirivier en die Kafuerivier. In Engels staan die vis bekend as die Kafue bream.
Voorkoms
[wysig | wysig bron]Die onvolwasse is liggroen en die volwasse visse is olyfgroen en daar is roeskleurige kolle op die basis van die skubbe. Die analevin is grys met oranje merke en daar is rye vol oranje eier-kolle op die membrane. Die ander vinne is donker grys met pers kolletjies op. Die mannetjies se dorsalevin het oranje kolle op en die rant is rooi en daar is ook pienk eier-kolle met oranje middelpunte op die analevin. Die vis word tot 27 cm lank.
Habitat
[wysig | wysig bron]Die vis leef in 'n verskeidenheid habitatte en damme. Hulle vreet insekte, slakke en plante en broei in die lente en vroeë somer. Die mannetjie bou 'n sandnes in vlak water. Die wyfies mondbroei die eiers en larwes.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van visse
- Kurper
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Eksterne skakel
[wysig | wysig bron]Bron
[wysig | wysig bron]- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1