Kamdebooboekenhout
Voorkoms
Kamdebooboekenhout | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Faurea |
Spesie: | F. recondita
|
Binomiale naam | |
Faurea recondita Rourke & V.R.Clark, (2013)
|
Die Kamdebooboekenhout (Faurea recondita) is 'n boom wat deel vorm van die Faurea-genus (die boekenhoutbome). Dit is endemies aan die Kamdeboo-berge. Die spesie is eers in 2013 geïdentifiseer nadat dit in 2008 ontdek is. Die boom word gemiddeld twee meter hoog. Dit het baie ooreenkomste met Faurea coriacea wat in Madagaskar voorkom.
In Engels staan dit as die Kamdeboo beechwood bekend. Die boom se FSA-nommer is 745.[1]