Kameleon (sterrebeeld)
Voorkoms
Kameleon | ||||
Latynse naam | Chamaeleon | |||
Genitief | Chamaeleontis | |||
Afkorting | Cha | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 11h | |||
Deklinasie | -80º | |||
Grootte | 132 vk. grade (79ste) | |||
Kwadrant | SQ2 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 3 | |||
Helderste ster | Alpha Chamaeleontis | |||
Naaste ster | Alpha Chamaeleontis | |||
Sterre helderder as 3 m | 0 | |||
Sterre met planete | 1 | |||
Messier-voorwerpe | 0 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 16 | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Vlieg, Kiel, Vlieënde Vis, Tafel, Oktant, Paradysvoël | ||||
|
Die Kameleon (Latyn: Chamaeleon) is ’n klein sterrebeeld in die suidelike hemelruim en is genoem na die verkleurmannetjie. Dit is in die 16de eeu die eerste keer beskryf en was een van die 12 konstellasies wat deur Petrus Plancius geskep is uit die waarnemings van Pieter Keyser en Frederick de Houtman.
Ruimtelike onderwerpe
[wysig | wysig bron]In 1999 is ’n nabygeleë oop sterreswerm ontdek wat om die ster Eta Chamaeleontis gesentreer is. Dit is óf as die Eta Chamaeleontis-sterreswerm óf Mamajek 1 bekend. Dit is 8 miljoen jaar oud en 316 ligjare van die aarde af.[1]
Die konstellasie bevat ook verskeie molekulêre wolke en ’n wolkkompleks 400 tot 600 ligjare weg wat uit tienduisende sonmassas gas en stof bestaan.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Luhman, K.L. & Steeghs, D. 2004, ApJ, 609, 917
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kameleon (sterrebeeld).
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia