Kougoed

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Kanna)
Jump to navigation Jump to search

Kougoed, Kanna
Kanna plant.jpg
Kougoed
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(klade):
(klade):
(klade):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
S. tortuosum
Binomiale naam
Sceletium tortuosum
(L.) N.E.Br.

Kougoed, ook: kanna, hotnotskougoed (Sceletium tortuosum (L.) N.E.Br.) is 'n plant uit die vygiefamilie wat voorkom in die Wes-, Oos- en Noord-Kaap. Op die SANBI-rooilys word dit as veilig (LC) gelys.[1]

Die mesembrine-
molekule

Die plant vorm slank takkies wat kruip of klim en wat met ouderdom houtig kan word. Die blomme word 2-3 cm groot en is bleekgeel of -pienk. Hulle word deur insekte bevrug. Die vrug is 1-1,5 cm groot en gaan wanneer dit vogtig is oop. Dit kom op kwartsgrond voor.[2]

Die plant is veral bekend vir sy gebruik as dwelmmiddel wat neerslagtigheid demp. Die Khoi en die Boesmans het dit reeds gebruik.[3] Vandag word dit wetenskaplik ondersoek en bestaan daarvan 'n gestandaardiseerde ekstrak wat Zembrin genoem word. Daar is aanwysings dat dit PDE4 en die heropname van 5-HT inhibeer.[4] Een van die aktiewe stowwe is die alkaloïed mesembrine.[5]

Galery[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]