Krokodilrivier (Mpumalanga)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Vir die "Krokodilrivier", 'n sytak van die Limpopo, sien Krokodilrivier (Limpopo).
Krokodilrivier
(en) Crocodile River
Krokodilrivier stroomop van die Kwenadam
Krokodilrivier stroomop van die Kwenadam
Hoofrivier Komatirivier
Oorsprong Steenkampsberg, noord van Dullstroom
Sytak -links Mbiyamitirivier, Witrivier
Sytak -regs Elandsrivier, Kaaprivier
Monding Komatirivier
Stroomgebied Suid-Afrika
Ligging van Krokodilrivier op 'n kaart (Suid-Afrika)
Krokodilrivier
Krokodilrivier
Krokodilrivier se samevloei met die Komatirivier op die Mosambiekgrens.
Koördinate: 25°26′18″S 31°58′35″O / 25.43833°S 31.97639°O / -25.43833; 31.97639Koördinate: 25°26′18″S 31°58′35″O / 25.43833°S 31.97639°O / -25.43833; 31.97639

Die Krokodilrivier is 'n groot rivier wat deur Mpumalanga, Suid-Afrika vloei.

Oorsprong en roete[wysig | wysig bron]

Die Krokodilrivier ontspring in die Steenkampsberge noord van Dullstroom, Mpumalanga, en is 'n takrivier van die Komatirivier. Dit staan ook bekend as die Krokodilrivier (Oos) om verwarring te voorkom met die Krokodilrivier in die weste van die ou Transvaal.

Krokodilrivier vanuit Marlothpark gesien.

Die Krokodilrivier in Mpumalanga het 'n opvangsgebied van 10 446 km2. Stroomop is die gewilde forelhengelplekke rondom Dullstroom.[1] Na die Kwenadam vloei die rivier deur Schoemanskloof, oor die Montrose-waterval na die Laeveldse landbougebied. Die stelselmatige afname in die volume van die rivier is waarskynlik a.g.v. wateronttrekking vir landboubesproeiing en natlei van vrugteboorde. Daarna vloei dit deur Nelspruit se nywerheidsgebied, dan langs die Krugerwildtuingrens en groot suikerrietplantasies, en naby Komatipoort vloei die rivier in die Komatirivier in.[2]

Toerisme-aantreklikhede langs die Krokodil[wysig | wysig bron]

Krokodilrivier vanuit Ngwenya Lodge gesien
Krokodilrivier vanaf Malalane gesien
'n Nylkrokodil lê en bak in die son op die oewer van die Krokodilrivier naby Malalane

Die rivier vorm die volle suidelike grens van die Krugerwildtuin. Die oewer verskaf uitstekende wildkykgeleenthede, aangesien diere vrylik tussen die Krugerwildtuin en privaat reservate ten suide rondbeweeg.

Gewilde plekke sluit in:

  1. Leopard Creek Gholfbaan, deur Gary Player ontwerp.
  2. Malelaneruskamp in die Krugerwildtuin[3]
  3. Marlothpark (Landgoed en wildbewaringsgebied)
  4. Ngwenya Lodge ('n tyddeeloord)
  5. Krokodilbrugruskamp in die Krugerwildtuin[4]

Sytakke[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]