Kuifkopdobbertjie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kuifkopdobbertjie
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Podicipediformes
Familie: Podicipedidae
Genus: Podiceps
Spesie: P. cristatus
Binomiale naam
Podiceps cristatus
Linnaeus, 1758

Die kuifkopdobbertjie (Podiceps cristatus) is 'n gelokaliseerde algemene standvoël wat op groot mere en panne leef. Dit maak ook af en toe nes in riviermondings en beskutte baaie. In Engels staan die voël bekend as die Great Crested Grebe.

Identifikasie[wysig | wysig bron]

Die voël is 45 tot 56 cm lank en weeg 500 tot 750 gram. Die voël is groot dobbertjie teenoor die ander spesies in die genus. Die volwasse voël het 'n kenmerkende donker dubbele kuif en kraag met rooibruin rande wat die kante van die kop omring. Die nie-broeiende voël se kraag is kleiner en ligter. Die jong voël het swart-en-wit gestreepte kop en het nie 'n kuif of kopkraag nie.

In vlug is lyk die voël lank en skraal die nek wat uitgestrek is en die bene wat agterna kom. Die vlerke is lank en dun met opvallende wit byslagvere en kleindekvere.

Fotogalery[wysig | wysig bron]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]