Kraaltolbos
Kraaltolbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Leucadendron |
Spesie: | L. platyspermum
|
Binomiale naam | |
Leucadendron platyspermum R.Br., (1810)
| |
Sinonieme | |
|
Die kraaltolbos (Leucadendron platyspermum) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom vanaf die Donkerhoekberg naby Villiersdorp, Groenlandberg en Kleinmondberge vanaf Houhoek tot by die Elimvlakte.
Die struik word 1,7 m hoog en blom in Desember. Die plant vrek na 'n brand maar die sade oorleef. Die sade word in 'n tol op die vroulike plant geberg en val eers grond toe na die eerste herfsreën na 'n brand. Die sade het vlerkies en word deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig en daar is afsonderlike plante met manlike en vroulike blomme, wat deur die wind bestuif word. Die plant groei hoofsaaklik in sanderige en skaliegrond op hoogtes van 0 - 1 350 m.
In Engels staan dit as die Plate-seed conebush bekend.
Galery
[wysig | wysig bron]Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]Bronnelys
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kraaltolbos.