Li Na (tennisspeler)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Li Na
Li Na January 2015.jpg
Li Na in 2015
Land Vlag van die Volksrepubliek van Sjina Volksrepubliek van Sjina
Woonplek Wuhan, Hubei, Volksrepubliek van Sjina
Geboortedatum 26 Februarie 1982 (1982-02-26) (34 jaar oud)
Geboorteplek Wuhan, Volksrepubliek van Sjina
Lengte 1,72 m
Begin professioneel 1999
Afgetree April 2002–Mei 2004; 19 September 2014
Speel Regshandig (tweehandig handrughou)
Loopbaan-wengeld $16 709 074
Enkelspel
Loopbaanrekord 503–188 (72,79%)
Loopbaantitels 9 WTA, 19 ITF
Hoogste rang No. 2 (17 Februarie 2014)
Grand Slam uitslae
Australiese Ope W (2014)
Franse Ope W (2011)
Wimbledon KE (2006, 2010, 2013)
VSA Ope HE (2013)
Toereindronde E (2013)
Olimpiese Spele HE – 4de (2008)
Dubbelspel
Loopbaan-rekord 121–50
Loopbaantitels 2 WTA, 16 ITF
Hoogste rang No. 54 (28 Augustus 2006)
Australiese Ope 2R (2006, 2007)
Franse Ope 2R (2006, 2007)
Wimbledon 2R (2006)
VSA Ope 3R (2005)
Olimpiese Spele 2R (2012)
Li Na in 2010

Li Na (Sjinees: 李娜; pinyin: Lǐ Nà [lìnɑ̂]) (gebore 26 Februarie 1982 in Wuhan) is 'n voormalige tennisspeler vanaf die Volksrepubliek van Sjina wat in 1999 professioneel begin tennis speel het.

Li was die eerste Sjinees wat vir 'n Grand Slam-toernooi geplaas is en die eerste Sjinees op die wêreldranglys van top-10 tennisspelers. Daarnaas was sy die eerste Sjinees wat die kwarteindstryd van 'n Grand Slam kon bereik (2006 op Wimbledon). In 2011 bereik sy die eindstryd van die Australiese Ope, die eerste Sjinees wat so ver kon deurdring.

Op 4 Junie 2011 maak sy haar deurbraak en word die eerste speler van Asië om 'n Grand Slam-enkelspeltitel te wen toe sy vir Francesca Schiavone van Italië met 6-4, 7-6 op Roland Garros geklop het.[1]

In 2014 verower sy haar tweede Grand Slam-titel deur Dominika Cibulkova met 7–6(7–3), 6–0 in die Australiese Ope te klop.

Grand Slam-rekord[wysig | wysig bron]

Die tabel toon Li Na haar prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in vroueenkels waaraan sy deelgeneem het:

Jaar Australiese Ope Franse Ope Wimbledon VSA Ope
2005 Rondte 3 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Rondte 1
2006 Rondte 1 Rondte 3 Kwarteindstryd Rondte 4
2007 Rondte 4 Rondte 3 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie
2008 Rondte 3 Nie deelgeneem nie Rondte 2 Rondte 4
2009 Nie deelgeneem nie Rondte 4 Rondte 3 Kwarteindstryd
2010 Halfeindstryd Rondte 3 Kwarteindstryd Rondte 1
2011 Eindstryd Wenner Rondte 2 Rondte 1
2012 Rondte 4 Rondte 4 Rondte 2 Rondte 3
2013 Eindstryd Rondte 2 Kwarteindstryd Halfeindstryd
2014 Wenner Rondte 1 Rondte 3 Nie deelgeneem nie

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Li Na maak geskiedenis by Franse Ope, Nuus24, besoek op 4 Junie 2011.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]