Helder reus

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

'n Helder reus is 'n ster met 'n ligsterkteklas van II. Hulle lê tussen reusesterre en superreuse op die Hertzsprung-Russell-diagram. Hulle kan van enige spektraaltipe wees.

Van die bekendste helder reuse is:

  • Epsilon Canis Majoris (Adhara), ’n blou-wit B-tipe
  • Gamma Ursae Minoris (Pherkad), ’n wit A-tipe
  • Theta Scorpii (Sargas), ’n wit F-tipe
  • Beta Capricorni (Dabih), ’n geel-wit G-tipe
  • Alpha Hydrae (Alphard), ’n oranje K-tipe
  • Alpha Herculis (Rasalgethi), ’n rooi M-tipe