Lizandra Winter

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Lizandra Winter
GeboortenaamLizandra Pretorius
Geboorte20 Februarie 1985 (1985-02-20) (34 jaar oud)
Warmbad, Noordwes
Beroep(e)Sangeres & liedjieskrywer
Genre(s)Stadium rock/Eksperimentele pop
Instrument(e)Stem, klavier, kitaar
Aktiewe jare2009 - Nou
EtiketteJndr Musiek, Starburst Promotions
InvloedeFlorence and the Machine, Sarah McLachlan, Alanis Moresette, Imogen Heap
Webwerfwww.lizandrawinter.co.za
LedeLizandra von Hagen, Ryhno von Hagen, Mias Lotz
AssosiasiesJoshua na die Reën
Portal.svg Musiekportaal

Lizandra Winter (* 20 Februarie 1985) is die verhoognaam van die Afrikaanse sangeres en liedjieskrywer Lizandra von Hagen. Sy verskyn in 2013 op die Suid-Afrikaanse musiektoneel met haar samewerking op Joshua na die Reën se debuutalbum.[1] Haar debuutenkelsnit "Fluister" was deel van die 2016 lokettreffer Vir altyd se klankbaan en daar is ook 'n verwante musiekvideo hiervan gemaak.[1] "Die begin", vanaf haar selfgetitelde debuutalbum bereik 2de plek op Lekker FM se Top 40,[2] 4de plek op Bosveld Stereo, 18de plek op IFM en Radio 94.7 FM se Top 20-trefferlyste,[3] en 20ste plek op Maroela Media se Afrikaanse Top 20 asook in die top 10 ranglyste van SFM en Bokradio.[4] Haar derde enkelsnit, 'n nuwe verwerking van legendariese skrywer Christa Steyn se "Ek wil vir jou" opgeneem as 'n duet saam met Joshua na die Reën is op 1Maart 2018 vrygestel en klim reeds die trefferparades van meer as 32 radiostasies en TV programme landswyd, onder meer "KykNet Top20".

Die unieke verwerking en interessante harmonië beloof om selfs die kritieste oor te beïndruk.

Biografie[wysig | wysig bron]

Lizandra Winter het bekendheid verwerf in 2013 as deel van Joshua na die Reën se orkes en het ook op sy debuutalbum ñ duet saam met hom opgeneem genaamd "Soos Altyd".

Haar selfgetitelde Afrikaanse debuutalbum "Lizandra Winter" is in Julie 2017 vrygestel en bestaan uit 13 liedjies waarvan 11 uit die sangeres se eie pen is.

Sy het 'n graad 8-musiekkwalifikasie van UNISA en het musiekopleiding in jazz, populêre musiek en uitvoerende kunste by die Tshwane Universiteit van Tegnologie ontvang.[5]

Diskografie[wysig | wysig bron]

  • Lizandra Winter - Lizandra Winter (2017) Snitte op die album: 13 LIEDJIES OP DIE ALBUM 1. Geraas 2. Winter kom 3. Tranedans 4. Die begin 5. Fluister 6. Bekende vreemdeling 7. Ek wil vir jou 8. Liefde van ’n kind 9. Kleurblind 10. Jy sien my 11. Sielsvryheid 12. Liefde Wen 13. Afrika grond

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]