Loodsvis
Voorkoms
Loodsvis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Naucrates Rafinesque, 1810
|
Spesie: | N. ductor
|
Binomiale naam | |
Naucrates ductor (Linnaeus, 1758)
|
Die Loodsvis (Naucrates ductor) is 'n vis wat voorkom in al die oseane van die wêreld in warm en tropiese waters. In Engels staan die vis bekend as die Pilotfish.
Voorkoms
[wysig | wysig bron]Die vis se kop en lyf is blou aan die bokant en silwerig aan die onderkant. Daar is vyf breë, swart, vertikale strepe oor die lyf. Die dorsale, anale en bekkenvinne is swart met 'n wit punt. Die stertvin is dofgeel met 'n geel vlek op die basis en die stertlobbe se punte is ook wit. Die vis word tot 1,8 m lank en 46 kg swaar.
Habitat
[wysig | wysig bron]Die vis is 'n pelagiese vis en kom voor tot op dieptes van 200 m. Die vis word gesien waar hulle die boeggolf van haaie, mantas, groot beenvisse, seeskilpaaie en ook skepe ry.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van visfamilies
Bron
[wysig | wysig bron]- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7