Malaysia Airlines-vlug 370

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Malaysia Airlines-vlug 370
Die vermiste vliegtuig.
Die vermiste vliegtuig.
Datum 8 Maart 2014
Oorsaak Onbekend
Plek van ramp Golf van Thailand, Indiese Oseaan
Sterftes 239 (almal)
Beserings 0
Vliegtuigtipe Boeing 777-2H6ER
Vliegtuigstertnommer 9M-MRO
Oorsprong Kuala Lumpur Internasionale Lughawe, Maleisië
Bestemming Beijing Capital Internasionale Lughawe, China
Passasiers 227
Bemanning 12
Oorlewendes 0

Malaysia Airlines-vlug 370 (MH370/MAS370) was 'n geskeduleerde internasionale vlug van Kuala Lumpur, Maleisië na Beijing, China. Op 8 Maart 2014 het die vliegtuig spoorloos verdwyn.[1] Die vliegtuig het 227 passasiers en twaalf bemanningslede aan boord gehad.[2]

Vlug 370 het op 8 Maart 2014 om 00:41 (Maleisiese Standaardtyd; UTC+8) van die Kuala Lumpur Internasionale Lughawe opgestyg en moes na 'n vlug van 6 ure op die Beijing Capital Internasionale Lughawe land. Vlugbeheer het egter omstreeks 01:22, terwyl die vliegtuig oor die Golf van Thailand was, kontak daarmee verloor. Die vliegtuig is om 02:40 as vermis aangemeld.[3]

'n Grootskaalse soektog is van stapel gestuur, maar het niks opgelewer nie. In Julie 2015 is 'n wrakstuk van 'n Boeing 777 naby die Réunion-eiland, oos van Afrika opgespoor.[4] Die wrakstuk, 'n deel van die vlerk, is van dié vliegtuig afkomstig.[5]

Bemanning en passasiers[wysig | wysig bron]

Kaptein Zaharie Ahmad Shah (53) was 'n ervare vlieënier met 18 365 vlugure agter sy naam. Die onderkaptein, Fariq Ab Hamid (27), het reeds 2 763 vlugure gehad. Die passasierslys is deur Malaysia Airlines bekend gemaak:[6]

Insittendes volgens nasionaliteit
Nasionaliteit Aantal
Vlag van Australië Australië 6
Vlag van Kanada Kanada 2
Vlag van Volksrepubliek China China 152
Vlag van Frankryk Frankryk 4
Vlag van Hongkong Hong Kong 1
Vlag van Indië Indië 5
Vlag van Indonesië Indonesië 7
Vlag van Iran Iran 2
Vlag van Maleisië Maleisië 50
Vlag van Nederland Nederland 1
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 2
Vlag van Rusland Rusland 1
Vlag van Republiek van China Taiwan 1
Vlag van Oekraïne Oekraïne 2
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State van Amerika 3
Totaal (15 nasies en streke) 239

Verwysings[wysig | wysig bron]