Mantsjoes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Mantsjoes
Manchu celeb 5.jpg
Totale bevolking: 10 430 000
Belangrike bevolkings  in: Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China 10 410 585[1]

Vlag van Republiek van Sjina Republiek van Sjina 12 000[2]

Taal: Hoofsaaklik Mandaryns, baie min Mantsjoe
Geloofsoortuiging: Hoofsaaklik ongebonde, Mantsjoe-sjamanisme, Boeddhisme, Chinese volksgodsdiens
Verwante etniese groepe: Ander Toengoesiese volke soos Ewenke, Nanai, Oroqen, Udege en Sibe.
'n Jong Mantsjoe in tradisionele klere

Die Mantsjoes (Mantsjoe: ᠮᠠᠨᠵᡠ; Möllendorff: manju; Abkai: manju; Vereenvoudigde Chinees: 满族; Tradisionele Chinees: 滿族; pinyin: Mǎnzú; Wade–Giles: Man³-tsu²) behoort tot een van die 56 amptelik erkende etniese groepe ("nasionaliteite") in die Volksrepubliek China. Hul tuiste is die Mantsjoerye in Noordoos-China, wat na dié etniese groep genoem is. Tydens die Qing-dinastie (1644–1912), China se laaste heersende keiserlike dinastie, het die Mantsjoes oor China, Mongolië en aangrensende gebiede geheers.

Die Mantsjoes is die grootste groep van die Toengoesiese volke, maar hul taal, Mantsjoe, is byna uitgestorwe. Mantsjoes praat as moedertaal oorwegend Mandaryns met plaaslike dialekte. Mantsjoes is naas Han-Chinese, Zhuang en Hui-Chinese die vierde grootste etniese groep in die Volksrepubliek China. Hulle is ook die grootste erkende etniese minderheid sonder 'n eie outonome gewes.

Volgens die sensus van 2011 leef in die Volksrepubliek China 10 410 585 Mantsjoes, veral in Noordoos-China, die Mantsjoerye. Groot bevolkings van Mantsjoes leef in die provinsies Liaoning (5 385 287 of 12,88%), Hebei (2 118 711 of 3,18%), Heilongjiang (1 037 080 of 2,86%), Jilin (993 112 of 3,71%), Binne-Mongolië (452 765 of 1,83%) en Beijing (336 000 of 2%). Daarbenewens leef sowat 12 000 Mantsjoes in die Republiek China op Taiwan.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (zh) (2012) 《中国2010年人口普查资料(上中下)》 (the Data of 2010 China Population Census). China Statistics Press. ISBN 9787503765070. 
  2. (zh) 台灣滿族的由來暨現況 / 作者 翁福祥先生”. URL besoek op 20 Junie 2016.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]