Binne-Mongolië

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Ligging van Outonome Gewes Binne-Mongolië in Sjina

Binne-Mongolië (Mongools: Oburmonggul.svg [Öbür Monggol] in Mongoolse skrif en Өвөр Монгол Övör Mongol [ɵwɵr mɔŋɢɔɮ] in Mongoolse Cyrilliese skrif; Sjinees: 内蒙古; pinyin: Nèi Měnggǔ) is 'n outonome gewes van die Volksrepubliek van Sjina. In 2010 het die outonome gewes 'n bevolking van 24 706 321 gehad. Die administratiewe gebied van die Binne-Mongolië strek oor 'n oppervlakte van 1 183 000 vierkante kilometer. Die hoofstad is Hohhot en die grootste stad is Baotou.

Binne-Mongolië grens aan ag provinsies (Heilongjiang, Jilin, Liaoning, Hebei, Shanxi, Shaanxi, Ningxia en Gansu) in die suide en ooste, in die weste aan Xinjiang asook in die noorde aan Mongolië en Rusland.

Han-Sjinese vorm met 79% die grootste etniese groep, gevolg deur Mongole met 17% en Mantsjoes met 2%.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]