Max Brod

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Max Brod
Max Brod (1965).jpg
Brod in 1965
Gebore27 Mei 1884
Sterf20 Desember 1968 (op 84)
Tel Aviv, Israel
BurgerskapIsraeli
Alma materKarl-Ferdinands-Universität (Duitse Karel-Ferdinand Universiteit in Praag)
Beroepskrywer, komponis
EggenootElsa Taussig (trou 1913; skei 1942)
Max Brod saam met Paul Ben-Haim en sy vrou

Max Brod (27 Mei 1884 - 20 Desember 1968) was 'n Tsjeggiese Duitssprekende Joodse (en later Israeliese) skrywer, komponis en joernalis. Alhoewel hy self 'n produktiewe skrywer was word hy veral onthou om sy vriendkap met, en sy biografie van, Franz Kafka. Kafka het Brod as sy letterkundige eksekuteur benoem en aan Brod opdrag gegee om by sy afsterwe sy ongepubliseerde werke te verbrand. Brod het egter geweier om die opdrag uit te voer en in pleks hiervan Kafka se werke gepubliseer.

Gepubliseerde werke[wysig | wysig bron]

Gedenkplaat vir Max Brod langsaan die graf van Franz Kafka
  • Schloß Nornepygge (1908)
  • Weiberwirtschaft (1913)
  • Über die Schönheit häßlicher Bilder (1913)
  • Die Höhe des Gefühls (1913)
  • Anschauung und Begriff: Grundzüge eines Systems der Begriffsbildung, 1913 (saam met Felix Weltsch)
  • Tycho Brahes Weg zu Gott (Tycho Brahe se Weg na God, 1915)
  • Heidentum, Christentum, Judentum: Ein Bekenntnisbuch (1921)
  • Sternenhimmel: Musik- und Theatererlebnisse (1923, heruitgereik as Prager Sternenhimmel)
  • Reubeni, Fürst der Juden (1925)
  • Zauberreich der Liebe (1930)
  • Biografie von Heinrich Heine (Biografie van Heinrich Heine, 1934)
  • Die Frau, die nicht enttäuscht (1934)
  • Novellen aus Böhmen (1936)
  • Rassentheorie und Judentum (1936)
  • Annerl (1937)
  • Franz Kafka, eine Biographie (Franz Kafka, 'n Biografie, 1937, later gebundel in Über Franz Kafka, 1974)
  • Franz Kafkas Glauben und Lehre (1948)
  • Die Musik Israels (1951)
  • Beinahe ein Vorzugsschüler, oder pièce touchée: Roman eines unauffälligen Menschen (1952)
  • Die Frau, nach der man sich sehnt (1953)
  • Rebellische Herzen (1957)
  • Verzweiflung und Erlösung im Werke Franz Kafkas (1959)
  • Beispiel einer deutsch-jüdischen Symbiose (1961)
  • Johannes Reuchlin und sein Kampf (1965)
  • Die verkaufte Braut, vertaling van die Tsjeggiese libretto Prodaná nevěsta (The Bartered Bride, 'n komiese opera deur Bedřich Smetana), en verskeie ander vertalings van Tsjeggiese operalibretti
  • Über Franz Kafka, (1974)

Musiek[wysig | wysig bron]

Brod se musiekkomposisies is, selfs in vergelyking met sy literêre uitset, relatief onbekend. Sy komposisies sluit liedere, klavierwerke en insidentele musiek vir sy toneelstukke in. Hy het sommige van Bedřich Smetana en Leoš Janáček se operas in Duits vertaal, en die eerste boek oor Janáček geskryf (aanvanklik in Tsjeggies in 1924 gepubliseer). Hy was in 1961 die skrywer van 'n studie oor Gustav Mahler getiteld Beispiel einer deutsch-jüdischen Symbiose. Max het orkestrasie gestudeer onder Alexander Uriah Boskovich.

Pryse[wysig | wysig bron]

In 1948 is die Bialik-prys vir Hebreeuse letterkunde aan Brod toegeken.[1] In 1965 is die Eregeskenk van die Heinrich Heine-genootskap in Düsseldorf, Duitsland, aan Brod toegeken.[2] In 1965 is die Oostenrykse Dekorasie vir Wetenskap en Kuns ook aan hom toegeken. Hy was die eerste Israeli aan wie die eer te beurt geval het.

Keur uit sy filmografie[wysig | wysig bron]

  • The Woman One Longs For (1929)

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "List of Bialik Prize recipients 1933–2004, Tel Aviv Munisipaliteit-webwerf (in Hebreeus)" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 17 Desember 2007.
  2. "Heinrich-Heine-Ehrengabe 1965-2012, Heinrich Heine-genootskap (in Duits)".

Verdere leesmateriaal[wysig | wysig bron]

  • Kayser, Werner, Max Brod, Hans Christians, Hamburg, 1972 (in Duits)
  • Pazi, Margarita (Ed.): Max Brod 1884–1984. Untersuchungen zu Max Brods literarischen und philosophischen Schriften. Peter Lang, Frankfurt am Main, 1987 (in Duits)
  • Lerperger, Renate, Max Brod. Talent nach vielen Seiten (tentoonstellingskatalogus), Wene, 1987 (in Duits)
  • Wessling, Berndt W. Max Brod: Ein Portrait. Kohlhammer Verlag, Stuttgart, Berlyn, Keulen en Mainz, 1969. Nuwe uigawe: Max Brod: Ein Portrait zum 100. Geburtstag, Bleicher, Gerlingen, 1984 (in Duits)
  • Bärsch, Claus-Ekkehard, Max Brod im Kampf um das Judentum. Zum Leben und Werk eines deutsch-jüdischen Dichters aus Prag. Passagen Verlag, Wene, 1992.
  • Vassogne, Gaelle, Max Brod in Prag: Identität und Vermittlung, Niemeyer, Conditio Judaica 75, 2009 (in Duits).
  • The Modern Hebrew Poem Itself (2003), ISBN 0-8143-2485-1
  • Barbora Šrámková: Max Brod und die tschechische Kultur. Arco Verlag, Wuppertal 2010, Arco Wissenschaft Band 17; ISBN 978-3-938375-27-3.
  • Christoph Schult (2009-09-28). "The Trial Fight for Kafka's Papers Winds through Israeli Courts". Der Spiegel.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]