Melrose-huis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Melrosehuis)
Spring na: navigasie, soek
Melrose-huis
'n Beeld van die museum.
Melrose-Huis in 2005

Plek Pretoria
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Tipe museum Geskiedkundige huis
Webtuiste http://www.tshwane.gov.za
Die tafel waar die Verdrag van Vereeniging onderteken is

Melrose-huis is 'n statige Victoriaanse herehuis in Jacob Marestraat, Pretoria, Suid-Afrika. Die huis is in 1886 deur die welgestelde Pretoria sakeman George Jesse Heys laat bou. Dit is vernoem na die beroemde Melrose-abdy in Skotland. Melrose-huis het bekendheid verwerf toe dit tydens die Tweede Vryheidsoorlog (18991902) deur lord Roberts gekommandeer is as die hoofkwartier van die Britse magte nadat Pretoria in Junie 1900 binnegeval is. Instruksies aan Britse magte in die veld is meer as agtien maande lank uit die huis gegee. Dié hoofstuk in die huis se geskiedenis het tot 'n einde gekom toe die Vrede van Vereeniging, wat die oorlog beëindig het, op 31 Mei 1902 daar geteken is.

Vandag is die elegante huis 'n museum wat dien as 'n uitstekende voorbeeld van die oorgang van Victoriaanse na Eduardiaanse argitektuur en binnenshuise versiering. Die huis se binnekant word gekenmerk deur kleurryke brandskilderglasventers, skilderye deur Engelse kunstenaars, matte in ryk kleure en swierige plafonne en kaggels, sowel as waardevolle porseleinornamente. Die meeste van die items het aan die Heysgesin self behoort.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


Koördinate: 25°45′19.60″S 28°11′32.90″O / 25.7554444°S 28.1924722°O / -25.7554444; 28.1924722