Michael Ondaatje

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Michael Ondaatje
Ondaatje lewer 'n toespraak by Tulane Universiteit in 2010
Gebore
Philip Michael Ondaatje

12 September 1943
NasionaliteitVlag van Kanada Kanada
Alma materBishop's Universiteit
Universiteit van Toronto
Queens's Universiteit
BeroepRomanskrywer en digter
Bekend virThe English Patient (1992)
Anil's Ghost (2000)
Divisadero (2007)
EggenootLinda Spalding

Philip Michael Ondaatje (gebore 12 September 1943) is 'n Kanadese skrywer van romans en gedigte. Hy is in Ceylon (hedendaags Sri Lanka) gebore, het gedurende sy tienerjare in Engeland gebly, en het in 1962 homself permanent in Kanada gevestig.

Ondaatje se roman The English Patient het in 1992 die Booker-prys gewen. Dit is deur Anthony Minghella verwerk in 'n Oscar-bekroonde rolprent met Ralph Fiennes, Kristin Scott Thomas en Juliette Binoche in die hoofrolle.