Suurbergkussingbos
Voorkoms
(Aangestuur vanaf Oldenburgia grandis)
Suurbergkussingbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | O. grandis
|
Binomiale naam | |
Oldenburgia grandis (Thunb.) Baill., (1882)
| |
Sinonieme | |
|
Die Suurbergkussingbos (Oldenburgia grandis) is 'n boom en spesies in die genus Oldenburgia. Die boom kom voor in die grasbedekte sandsteenheuwels om Grahamstad. Die blare is groot, sterk en regop. Hulle is aan die bokant gekwilt en bleek roomkleurig en wollerig aan die onderkant. Die blomhofies is groot. Op die SANBI-rooilys is die plant as veilig (LC) gelys. Dit is endemies aan Suid-Afrika.[1] Die plant kom in die Natuurreservaat Thomas Baines voor wat gedeeltelik by die ekostreek rivierklowe van Maputa- tot Pondoland behoort. Dit word deur die Palmietrivier deurkruis.[2]
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "SANBI-rooilys". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2017. Besoek op 5 November 2016.
- ↑ WWF.
Bronne
[wysig | wysig bron]- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
- Plants of the World Online
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Suurbergkussingbos.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Suurbergkussingbos