Ooskuskreef

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Ooskuskreef
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Arthropoda
Subfilum: Crustacea
Klas: Malacostraca
Orde: Decapoda
Suborde: Pleocyemata
Infraorde: Achelata
Familie: Palinuridae
Genus: Panulirus
Spesie: P. homarus
Binomiale naam
Panulirus homarus
(Linnaeus, 1758)
Subspecies [2]
  • P. h. homarus (Linnaeus, 1758)
  • P. h. megasculpta (Pesta, 1915)
  • P. h. rubellus Berry, 1974
Sinonieme [3]
  • Cancer homarus Linnaeus, 1758
  • Astacus homarus (Linnaeus, 1758)
  • Palinurus homarus (Linnaeus, 1758)
  • Palinurus dasypus H. Milne-Edwards, 1837
  • Palinurus spinosus H. Milne-Edwards, 1837
  • Palinurus burgeri De Haan, 1841
  • Palinurus (Senex) buergeri (De Haan, 1841)
  • Senex dasypus (H. Milne-Edwards, 1837)
  • Panulirus dasypus (H. Milne-Edwards, 1837)
  • Panulirus buergeri (De Haan, 1841)

Die ooskuskreef (Panulirus homarus) is 'n Stekelkreef wat voorkom in die westelike Stille Oseaan en die Indiese Oseaan; meer spesifiek aan die kus van Oos-Afrika, suidwaarts tot by die Oos-Kaap. Sy kleur varieer van bruin tot baksteenrooi met fyn, klein wit kolletjies op. Daar is ook helder blou en groen merke op die kop. Die karapaks is doringagtig en daar is twee skerp horings tussen die . Die kop is helder blou met groen merke op.

Die seedier leef in skeure en gate op koraalriwwe in water wat 1 tot 15 m diep is; hulle is egter ook al gevind in 90m diep water. Hulle leef in groepe saam en kom meestal snags uit om te vreet. Hulle is omnivore wat vis, weekdiere (veral mossels), wurms, skaaldiere en sommige plante vreet. Hulle is al gesien waar hulle as aasdiere optree.

Die seedier word 25 cm lank en die stert is geskulp. Die ooskuskreef is 'n beskermde spesie.

Bronne[wysig | wysig bron]

  • Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0
  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. M. Butler, A. Cockcroft & A. MacDiarmid (2009). "Panulirus homarus". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 3.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 22 Augustus 2011. 
  2. T. Chan (2010). "Panulirus homarus (Linnaeus, 1758)". World Register of Marine Species. Besoek op 1 Junie 2010. 
  3. Holthuis, Lipke (1991). “Panulirus homarus”, FAO Species Catalogue, Volume 13. Marine Lobsters of the World, FAO Fisheries Synopsis No. 125. Food and Agriculture Organization. p. 139–141. ISBN 92-5-103027-8. 

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]