Orhan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Orhan
Ottomaanse heerser
Orhan I.jpg
Volle naam Orhan Ghazi
Ottomaanse naam اورخان غازی
Tydperk 1324–1362
Stadium Opgang van die Ottomaanse Ryk
Huis Osman
Voorganger Osman I
Opvolger Murat I
Toegra Tughra of Orhan.JPG

Orhan (Ottomaanse Turks: اورخان غازی, moderne Turks: Orhan Gazi; 1281 – Maart 1362), was van 1324 tot 1362 die tweede bey, of hoof, van die ontluikende Ottomaanse Ryk, wat toe bekend was as die Osmanli-prinsdom. Hy was die seun van Osman I.

In die eerste jare van sy bewind het Orhan die grootste deel van Noordwes-Anatolië in Asië verower. Die grootste deel daarvan was onder Bisantynse heerskappy. Hy het ook die Prinsdom van Karesi en die Ankara-gebied beset.

In 1354 het Orhan se seun, Süleyman, Gallipoli beset nadat die Bisantynse inwoners voor ’n aardbewing gevlug het. So het die Ottomaanse staat ’n vastrapplek in Europa gekry.

In sy laaste jare het Orhan die mag aan sy seun Murat oorgegee en ’n afgesonderde lewe in Bursa gelei. In 1357 is sy oudste en mees ervare seun, Süleyman, op ’n jagtog dood en dit het hom swaar getref. Hy is self gou daarna, in 1359, op 75-jarige ouderdom nadat hy 33 jaar lank regeer het.

Crystal txt.png
Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia
Ottomaanse sultans volgens tydperk
Opgang (1299–1453)   Osman IOrhanMurat IBajezid I • (Tussenregering) • Mehmet IMurat IIMehmet II
Groei (1453–1683)   Bajezid IISelim ISüleyman die ManjifiekeSelim IIMurat IIIMehmet IIIAhmet IMustafa IOsman IIMurat IVIbrahimMehmet IV
Stagnasie (1683–1827)   Süleyman IIAhmet IIMustafa IIAhmet IIIMahmoed IOsman IIIMustafa IIIAbdülhamid ISelim IIIMustafa IVMahmoed II
Verval (1828–1908)   Abdülmecid IAbdülazizMurat VAbdülhamid II
Ondergang (1908–1923)   Mehmet VMehmet VIAbdülmecid II