Ahmet I

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Ahmet I
Sultan van die Ottomaanse Ryk
Kalief van Islam
I Ahmet.jpg
Volle naam Sultan Ahmet I Bakhti
Ottomaanse naam احمد اول
Tydperk 1603–1617
Stadium Groei van die Ottomaanse Ryk
Huis Osman
Voorganger Mehmet III
Opvolger Mustafa I
Toegra Tughra of Ahmed I.JPG

Ahmet I Bakhti (Ottomaanse Turks: احمد اول, moderne Turks: I.Ahmet; 18 April 1590 – 22 November 1617) was van 1603 tot 1617 sultan van die Ottomaanse Ryk.

Hy het sy pa, Mehmet III, op 13-jarige ouderdom opgevolg. Hy het die tradisie van broedermoord verbreek en sy jonger broer, Mustafa, saam met sy ouma na die ou paleis in Beyazıt gestuur om daar te gaan bly. Hy was bekend om sy vaardighede in skermkuns, digkuns, perdry en tale.

Vandag word Ahmet I onthou vir die bou van die Sultan Ahmet-moskee, ook bekend as die Blou Moskee, een van die meesterstukke van Islamitiese argitektuur. Die gebied om die moskee in die hedendaagse Istanboel is nou bekend as Sultanahmet. Hy is in die Topkapi-paleis in die stad dood en is in ’n mausoleum net buite die mure van die bekende moskee begrawe.

Verwysings[wysig]

  • Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel [1]
Ottomaanse sultans volgens tydperk
Opgang (1299–1453)   Osman IOrhanMurat IBajezid I • (Tussenregering) • Mehmet IMurat IIMehmet II
Groei (1453–1683)   Bajezid IISelim ISüleyman die ManjifiekeSelim IIMurat IIIMehmet IIIAhmet IMustafa IOsman IIMurat IVIbrahimMehmet IV
Stagnasie (1683–1827)   Süleyman IIAhmet IIMustafa IIAhmet IIIMahmoed IOsman IIIMustafa IIIAbdülhamid ISelim IIIMustafa IVMahmoed II
Verval (1828–1908)   Abdülmecid IAbdülazizMurat VAbdülhamid II
Ondergang (1908–1923)   Mehmet VMehmet VIAbdülmecid II