Pungwe-beitelbek

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Pungwe-beitelbek
Bewaringstatus

Status iucn3.1 LC af.svg
Veilig (IUBN 3.1)

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Ostariophysi
Orde: Cypriniformes
Familie: Cyprinidae
Genus: Varicorhinus
Rüppell, 1835
Spesie: V. pungweensis
Binomiale naam
Varicorhinus pungweensis
(Jubb, 1959)

Die Pungwe-beitelbek (Varicorhinus pungweensis) is 'n varswater vis wat voorkom in die Pungwe- en Buziriviere in Zimbabwe en Mosambiek. In Engels staan die vis bekend as die Pungwe chiselmouth.

Voorkoms[wysig | wysig bron]

Die bek van die vis is wyd en klein en het 'n horingagtige onderlip waarmee dit alge van die rotse afskuur. Daar is slegs een paar baarde om die bek. Die vis is olyf kleurig aan die bokant en goud-geel tot roomkleurig aan die onderkant. Die onvolwasse visse is grys aan die bokant en silwerig aan die sye met 'n swart kol op die basis van die stertvin. Die vis word tot 180 mm lank.

Habitat[wysig | wysig bron]

Die vis leef in koel, stroomversnellings in helder bergstrome. Hulle vreet alge en insekte en broei in die somer. Die onvolwasse vis leef in poele onder stroomversnellings.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]