Punjabi's

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Pandjabi.
Punjabi's

Surrender of Porus to the Emperor Alexander.jpgSikh Gurus with Bhai Bala and Bhai Mardana.jpgDara Shikoh With Mian Mir And Mulla Shah.jpgBullehShah.jpgRanjitSinghKing.jpg
Lala lajpat Rai.jpgBhagat Singh 1929 140x190.jpgIqbal.jpgAmrita Pritam (1919 – 2005) , in 1948.jpgLiaquat Ali Khan.jpg
Har Gobind Khorana.jpgAhfaz with Faiz Ahmad Faiz.jpgAbdus Salam 1987.jpgUstad-nusrat-fateh-ali-khan-vishal-singh-rana-18911.jpg
Arjan Singh.gifKalpana Chawla, NASA photo portrait in orange suit.jpgRakesh sharma.jpgDr. Ishfaq Ahmad.pngBobby Jindal August 2015.jpgShahid Khan 2015.jpg
Sunil Bharti Mittal World Economic Forum 2013.jpgKapil Dev at Equation sports auction.jpgWasim Akram.jpgAmir Khan.jpg


Totale bevolking: ca. 120 miljoen[1][2][3]
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Pakistan Pakistan 91 454 609[4][5]

Vlag van Indië Indië 33 124 726[6]
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 700 000[7]
Vlag van Kanada Kanada 668 240[8]
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 253 740[9]
Vlag van Australië Australië 132 496[10]
Vlag van Maleisië Maleisië 56 400[11]
Vlag van Libië Libië 54 000[12]
Vlag van Noorweë Noorweë 24 000[13]
Vlag van Bangladesj Bangladesj 23 700[14]
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 19 752[15]
Vlag van Nepal Nepal 10 000[16]

Taal: Pandjabi
Geloofsoortuiging: Pakistan: Wes-PunjabStar and Crescent.svg Islam (97%), Christian cross.svg Christendom (2,31%), met kleiner Sikh- en Hindoe-bevolkings
Indië: Oos-PunjabKhanda.svg Sikhisme (58%), Om.svg Hindoeïsme (39%), Star and Crescent.svg Islam (2%), Christian cross.svg Christendom (1,26%)[17][18]
Verwante etniese groepe: Ander Indo-Ariërs soos Bengale, Gujarati's, Marathi's, Rohingia, Sindhi's en Singalese

Die Punjabi's of Panjabi's (Pandjabi: پنجابی, ਪੰਜਾਬੀ) is 'n Indo-Ariese etniese groep met hul tuiste in Punjab van Suid-Asië, meer spesifiek in die noordelike deel van die Indiese subkontinent, vandag verdeel tussen Punjab, Indië en Punjab, Pakistan. Hulle praat Pandjabi, 'n Indo-Ariese taal.[19] Die naam Punjab beteken letterlik "land van vyf riviere" in Persies: panj ("vyf") āb ("water" of "rivier").[20] Die naam van die streek is deur die Turks-Persiese veroweraars van die Indiese subkontinent gevestig.[21] Na Punjab word in beide Indië en Pakistan dikwels as die broodmandjie verwys.[22][23][24]

Kaart van die streek Punjab
Verspreiding van etniese groepe in Pakistan volgens die CIA in 1980

Die samesmelting van die verskeie stamme, kastes en die inwoners van Punjab in 'n wyer gemeensame "Punjabi"-identiteit het aan die begin van die 18de eeu 'n aanvang geneem. Voor dit het 'n gemeensame "Punjabi"-identiteit in die sin van 'n etnies-kulturele identiteit en gemeenskap nie bestaan nie, hoewel die meerderheid van die verskeie gemeenskappe van Punjab sedert 'n lank tydperk oor kulturele en taalkundige gemeenskaplikhede beskik.[25][26][27]

Tradisioneel is die Punjabi-identiteit veral deur taalkundige, geografiese en kulturele eienskappe gekenmerk. Die identiteit is onafhanklik van die historiese of godsdienstige agtergrond, en verwys na diegene wat in Punjab bly, of met sy bevolking assosieer, en Pandjabi as hul moedertaal beskou.[28] Integrasie en assimilasie is belangrike dele van die Punjabi-kultuur, sedert die Punjabi-identiteit nie alleenlik op stamverbindings gebaseer is nie. Alle Punjabi's deel min of meer dieselfde kulturele agtergrond.[29][30]

Histories was die Punjabi's 'n heterogene groep en verdeel in 'n aantal stamme, biradari (letterlik "broerskap") genoem, waarin elke persoon aan 'n stam gebonde was. Die Punjabi-identiteit sluit egter ook diegene in wat nie aan een van die historiese stamme behoort het nie. Met die verloop van tyd het die stamstrukture minder belangrik geword en is deur 'n meer samehangende[31] en holistiese samelewing vervang, met gemeenskapsbou en groepsamehorigheid[32][33] as nuwe pilare van die Punjabi-samelewing.[34] In relatiewe kontemporêre terme bestaan Punjabi's uit drie oorwegende subgroepe: Punjabi-Moslems, Punjabi-Sikhs en Punjabi-Hindoes.[35]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "Ethnologue: Languages of the World, 21st edition, Punjabi, Eastern". Ethnologue. Besoek op 3 Augustus 2019.
  2. (en) "Ethnologue: Languages of the World, 21st edition, Punjabi, Western". Ethnologue. Besoek op 3 Augustus 2019.
  3. (en) "2011 Indian census" (PDF). Censusindia.gov.in. Besoek op 3 Augustus 2019.
  4. (en) "Pakistan". Central Intelligence Agency. Besoek op 3 Augustus 2019.
  5. (en) "Pakistan Population (2019)". Worldometers.info. Besoek op 3 Augustus 2019.
  6. (en) "Scheduled Languages in descending order of speaker's strength – 2011" (PDF). Registrar General and Census Commissioner of India. 29 Junie 2018. Besoek op 3 Augustus 2019.
  7. (en) McDonnell, John (5 Desember 2006). "Punjabi Community". House of Commons. Besoek op 3 August 2019.
  8. (en) "Census Profile, 2016 Census, Canada". Government of Canada, Statistics Canada. 8 Februarie 2017. Besoek op 3 Augustus 2019.
  9. (en) "US Census Bureau American Community Survey (2009–2013) See Row #62". 2.census.gov.
  10. (en) "Top ten languages spoken at home in Australia". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Julie 2017. Aanhaling gebruik verouderde parameter |deadurl= (help)
  11. (en) "Malaysia". Ethnologue. Besoek op 3 Augustus 2019.
  12. (en) "Libya". Ethnologue. Besoek op 3 Augustus 2019.
  13. (en) Strazny, Philipp (1 Februarie 2013). Encyclopedia of Linguistics. Routledge. ISBN 978-1-135-45522-4 – via Google Books.
  14. (en) "Bangladesh". Ethnologue. Besoek op 3 Augustus 2019.
  15. (en) "Archived copy". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Desember 2013. Besoek op 17 Maart 2014.AS1-onderhoud: "Argiefkopie" as titel (link)
  16. (en) "National Population and Housing Census 2011" (PDF). Unstats.unorg. Besoek op 3 Augustus 2019.
  17. (en) "C -1 POPULATION BY RELIGIOUS COMMUNITY – 2011" (XLS). Web.archive.org. Besoek op 3 Augustus 2019.
  18. (en) Wade Davis; K. David Harrison; Catherine Herbert Howell (2007). Book of Peoples of the World: A Guide to Cultures. National Geographic. pp. 132–133. ISBN 978-1-4262-0238-4. Besoek op 3 Augustus 2019.
  19. (en) Concise Encyclopedia of Languages of the World. Elsevier. 2010. pp. 522–523. ISBN 978-0-08-087775-4. Besoek op 3 Augustus 2019.
  20. (en) Gandhi, Rajmohan (2013). Punjab: A History from Aurangzeb to Mountbatten. New Delhi, India, Urbana, Illinois: Aleph Book Company. ISBN 978-93-83064-41-0.
  21. (en) Canfield, Robert L. (1991). Persia in Historical Perspective. Cambridge, Verenigde Koninkryk: Cambridge University Press. p. 1 ("Origins"). ISBN 978-0-521-52291-5.
  22. (en) "Punjab, bread basket of India, hungers for change". Reuters. 30 Januarie 2012. Besoek op 3 Augustus 2019.
  23. (en) "Columbia Water Center Released New Whitepaper: "Restoring Groundwater in Punjab, India's Breadbasket" – Columbia Water Center". Water.columbia.edu. 7 Maart 2012. Besoek op 3 Augustus 2019.
  24. (en) "Pakistan flood: Sindh braces as water envelops southern Punjab". Guardian. 6 Augustus 2010. Besoek op 3 Augustus 2019.
  25. (en) Malhotra, edited by Anshu; Mir, Farina (2012). Punjab reconsidered : history, culture, and practice. Nieu-Delhi: Oxford University Press. ISBN 978-0-19-807801-2.AS1-onderhoud: extra text: authors list (link)
  26. (en) Ayers, Alyssa (2008). “Language, the Nation, and Symbolic Capital: The Case of Punjab”. Journal of Asian Studies 67 (3): 917–46. doi:10.1017/s0021911808001204.
  27. (en) Thandi, edited and introduced by Pritam Singh and Shinder S. (1996). Globalisation and the region : explorations in Punjabi identity. Coventry, Verenigde Koninkryk: Association for Punjab Studies (UK). ISBN 978-1-874699-05-7.AS1-onderhoud: extra text: authors list (link)
  28. (en) Thandi, edited by Pritam Singh, Shinder Singh (1999). Punjabi identity in a global context. Nieu-Delhi: Oxford University Press. ISBN 978-0-19-564864-5.AS1-onderhoud: extra text: authors list (link)
  29. (en) Singh, Prtiam (2012). “Globalisation and Punjabi Identity: Resistance, Relocation and Reinvention (Yet Again!)”. Journal of Punjab Studies 19 (2): 153–72.
  30. (en) "Languages : Indo-European Family". Krysstal.com. Besoek op 12 Julie 2013.
  31. (en) Albert V., Carron (Desember 2012). “Cohesion: Conceptual and Measurement Issues”. Small Group Research 43 (6).
  32. (en) "International Conference on Social Cohesion and Development". OESO.
  33. (en) Mukherjee, Protap (20 Januarie 2011). “Levels and Patterns of Social Cohesion and Its Relationship with Development in India: A Woman's Perspective Approach”. Ph.D. Scholars, Centre for the Study of Regional Development School of Social Sciences Jawaharlal Nehru University New Delhi – 110 067, India.
  34. (en) Thandi, edited and introduced by Pritam Singh and Shinder S. (1996). Globalisation and the region : explorations in Punjabi identity. Coventry, Verenigde Koninkryk: Association for Punjab Studies (UK). ISBN 978-1-874699-05-7.AS1-onderhoud: extra text: authors list (link)
  35. (en) Gupta, S.K. (1985). The Scheduled Castes in Modern Indian Politics: Their Emergence as a Political Context. Nieu-Delhi, Indië: Munshiram Manoharlal Publishers Pvt. Ltd. pp. 121–122.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.