Singalese

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Singalees.
Singalese
Sinhalese People.png
Totale bevolking: ca. 16 miljoen
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Sri Lanka Sri Lanka ~15 miljoen[1]

Vlag van Kanada Kanada 138 675[2]
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk ~100 000[3]
Vlag van Italië Italië 68 738[4]
Vlag van Australië Australië ~50 000[5]
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State ~40 000[6]
Vlag van Singapoer Singapoer ~12 000[7]
Vlag van Maleisië Maleisië ~10 000[8]
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 7 257[9]
Vlag van Indië Indië ~3 500[10][11]

Taal: Singalees, Engels
Geloofsoortuiging: Meerderheid Dharma wheel.svg Theravada-Boeddhisme
Minderheid Gold Christian cross.svg Rooms-Katolieke Kerk
Verwante etniese groepe: Ander Indo-Ariërs soos Bengale, Gujarati's, Marathi's, Punjabi's, Rohingia en Sindhi's • Vedda • Tamils[12]

Die Singalese (Singalees: සිංහල ජාතිය Sinhala Jathiya) is 'n Indo-Ariese etniese groep inheems aan Sri Lanka wat Singalees as moedertaal praat. Hulle vorm die grootste bevolkingsgroep in die suidelike en westelike provinsies van Sri Lanka. Singalese vorm byna 75% van Sri Lanka se bevolking, die ander 25% is Tamils in die noordelike en oostelike provinsies.

Verspreiding van Singalese in Sri Lanka volgens distrikte in 2001, kursiewe syfers dateer uit 1981.

Singalese is oorwegend aanhangers van Theravada-Boeddhisme met 'n klein minderheid van Rooms-Katolieke, veral langs die kusgebiede. Die Boeddhisme in Sri Lanka is sterk beïnvloed deur Hindoeïsme, nie net weens Sri Lanka se ligging naby Indië se suidkus nie, maar ook omdat die Singalese tot die 3de eeu v.C. self Hindoes was. Die samelewing is gekenmerk deur 'n kastestelsel soortgelyk aan die Indiese s'n.

Sedert Sri Lanka se onafhanklikheid van die Britse Ryk in 1948 is die binnelandse beleid oorskadu deur die konflik met die Tamils wat vir hul eie onafhanklikheid geveg het. Dit het in 1983 tot die uitbreek van die Sri Lankaanse Burgeroorlog gelei, wat tussen die Sri Lankaanse regering en die Tamilse tiers geveg is. In 2003 is onder bemiddeling van die Verenigde Nasies en die regering van Noorweë 'n skietstilstand tussen beide kante goedgekeur, wat in 2006 deur die Sri Lankaanse regering beëindig is.[13][14] Nadat die Tamilse tiers uiteindelik verslaan en hul leiers doodgemaak is, het president Mahinda Rajapaksa die burgeroorlog in 2009 amptelik beëindig.[15]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "A2 : Population by ethnic group according to districts, 2012". Department of Census & Statistics, Sri Lanka. 
  2. (en) "2006 Census Topic-based tabulations". Statistics Canada. Besoek op 1 Junie 2016. 
  3. (en) Nihal Jayasinghe (2010). "Letter to William Hague MP" (PDF). Besoek op 3 September 2010. 
  4. (it) "Statistiche demografiche ISTAT". Italiaanse regering. 2008. Besoek op 3 Maart 2009. 
  5. (en) "The People of Australia – Statistics from the 2006 Census" (PDF). Australiese regering. 2008. Besoek op 3 Maart 2008. 
  6. (en) "Sinhalese in United States". Joshua Project. Besoek op 1 Junie 2016. 
  7. (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Sinhala". Ethnologue. Besoek op 1 Junie 2016. 
  8. (en) Stuart Michael (2009). "A traditional Sinhalese affair". Besoek op 3 Maart 2010. 
  9. (en) "Story: Sri Lankans". Te Ara – the Encyclopedia of New Zealand. 25 Maart 2015. Besoek op 1 Junie 2016. 
  10. (en) "Sinhalese in India". Joshua Project. Besoek op 1 Junie 2016. 
  11. (en) "Country: India". Joshua Project. Besoek op 1 Junie 2016. 
  12. (en) Kshatriya, G.K. (1995), "Genetic affinities of Sri Lankan populations", Human Biology 67 (6): 843–66, PMID 8543296 
  13. (en) "Sri Lanka's war seen far from over". Amal Jayasinghe. Agence France-Presse. 14 Julie 2007. 
  14. (en) "Sri Lankan Government Finds Support From Buddhist Monks". The New York Times. 25 Februarie 2007. 
  15. (en) "LTTE defeated; Sri Lanka liberated from terror". Ministry of Defence. 18 Mei 2009. Besoek op 18 Mei 2009. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]