Bengale (volk)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Bengale
Bengali people.jpg
Totale bevolking: ca. 300 miljoen[1][2]
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Bangladesj Bangladesj ~150 miljoen

Vlag van Indië Indië ~70 miljoen
Vlag van Pakistan Pakistan ~3 miljoen

Taal: Bengaals
Geloofsoortuiging: Star and Crescent.svg IslamBangladesj 89,8%, Wes-Bengale 27%[3]
Om.svg Hindoeïsme – Wes-Bengale 70,53%, Bangladesj 8,3%
Dharma Wheel.svg Boeddhisme, Baha’i, Christendom, Ateïsme en ander – 1%[4][5]
Verwante etniese groepe: Ander Indo-Ariërs soos Assamese, Rohingia en SingaleseDrawide[6]Tibeto-Birmane
Ligging van die streek Bengale

Die Bengale (Bengaals: বাঙালি Bangali) is 'n Indo-Ariese etniese groep inheems aan die streek Bengale wat uit Bangladesj en die Indiese deelstaat Wes-Bengale bestaan, asook aan Tripoera. Die etniese groep omvat omtrent 300 miljoen mense en hulle praat Bengaals as moedertaal. Bengale defineer hulself oorwegend as Indiese Bengale, wat veral aanhangers van die Hindoeïsme is, of as Bangladesj-Bengale, wat veral Moslems is.

Ander Indiese gebiede met 'n belangrike bevolking van Bengale sluit in Assam asook die Andaman- en Nicobar-eilande in die Golf van Bengale. Twee van die wêreld se megastede is hoofsaaklik deur Bengale bevolk: Dhaka, die hoofstad van Bangladesj, en Kalkutta, Indië se derde grootste stad. Daarbenewens het tientalle Bengale in lande soos Pakistan, die Midde-Ooste, Japan, Maleisië, Singapoer, Italië, Kanada, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State gevestig.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "General Assembly hears appeal for Bangla to be made an official UN language". United Nations. 27 September 2010. Besoek op 21 Mei 2015. 
  2. (en) "Countries and Their Cultures". Everyculture. 27 September 2010. Besoek op 21 Mei 2015. 
  3. (en) Comparing State Polities: A Framework for Analyzing 100 Governments By Michael J. III Sullivan, bl. 119
  4. (en) Bangladesh”. CIA World Factbook. Central Intelligence Agency. URL besoek op 25 Februarie 2016.
  5. (en) Data on Religion”. Census of India (2001). Office of the Registrar General & Census Commissioner, India. URL besoek op 26 Augustus 2006.
  6. (en) Ancient Indian History and Civilization by Sailendra Nath Sen, bl. 9, New Age International, 1 Januarie 1999

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]