Ramses II

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Ramses II
Ramses die Grote, Ramesses
’n Standbeeld van Ramses II by Aboe Simbel.
’n Standbeeld van Ramses II by Aboe Simbel.
Farao van die 19de Dinastie
Periode  1279–1213 v.C.
Voorganger  Seti I
Opvolger  Merneptah
Vader  Seti I
Oorlede  1213 v.C.
Monumente  Aboe Simbel, Abydos, Luxor, Karnak
Ramses II in Egiptiese hiërogliewe
Serech of Horusnaam
G5
E1
D40
P11
t
C10U6ii
Srxtail.jpg
Nebty-naam
G16
G37
r
F7
t
G20V31
Aa16
t
THREE
Goue Horus-naam
G8
O29
F23
U6iiN19Z4
Praenomen of troonnaam
M23
t
L2
t
Hiero Ca1.svg
rawsrC10N5 U21
n
Hiero Ca2.svg
Nomen of geboortenaam
G39N5
 
Hiero Ca1.svg
imn
n
N36
ra
Z1
F31S29M23
Hiero Ca2.svg
Portaal  Portaalicoon   Antieke Egipte
Standbeeld van Ramses II as jong man in die Museo Egizio, Turyn, Italië

Ramses II (ook bekend as Ramses die Grote) was die derde farao van Antieke Egipte se 19de Dinastie. Hy word dikwels beskou as die grootste, mees gevierde en magtigste farao.[1] Sy opvolgers en latere Egiptenare het hom die "Groot Voorouer" genoem. Hy het verskeie militêre veldtogte na die Levant gelei en Egipte se beheer oor Kanaän hervestig. Hy het ook veldtogte in die suide in onder meer Nubië gevoer.

Bewind[wysig | wysig bron]

Ramses is op 14-jarige ouderdom deur sy pa, Seti I, as troonopvolger aangewys.[1] Hy het die troon vermoedelik in sy laat tienerjare bestyg en van 1279 tot 1213 v.C. oor Egipte regeer[2] – altesaam 66 jaar en 2 maande, volgens beide die Egiptiese historikus Manetho en Egiptiese kontemporêre historiese rekords.

In die vroegste deel van sy bewind het Ramses II gekonsentreer op die bou van stede, tempels en monumente. Hy het die stad Pi-Ramses in die Nyldelta gestig as sy nuwe hoofstad en basis vir sy veldtogte teen Sirië. Dit is gebou op die ruïnes van die stad Avaris, die hoofstad van die Hyksos toe hulle Egipte oorgeneem het, en was ook die ligging van die hooftempel van Set.

Hy is waarskynlik op 90 of 91 dood. Hy het ’n rekord van 14 Sed-feeste beleef – die eerste is ná 30 jaar gehou om die farao se lang bewind te vier, en daarna elke drie jaar.[3]

Ramses II is in die Vallei van die Konings begrawe;[4] sy liggaam is later geskuif na ’n ander plek, waar dit in 1881 ontdek is. Dit is nou in die Kaïro-museum.[5]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 Putnam (1990)
  2. Rice (1999) p.165
  3. O'Connor & Cline (1998) p.16
  4. Christian Leblanc. "Gerard". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2007-12-04. Besoek op 2008-04-23. 
  5. Rice (1999) p.166

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]