Reuse-sandkruiper
Reuse-sandkruiper | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | Rhininae
|
Genus: | |
Spesie: | R. djiddensis
|
Binomiale naam | |
Rhynchobatus djiddensis Forsskål, 1775
|
Die reuse-sandkruiper (Rhynchobatus djiddensis) is 'n haai wat voorkom aan die ooskus van Afrika van die Rooisee tot by Algoabaai. Daar is ook al 'n spesie in Knysna gevang, maar die haai kom meer algemeen voor aan die kus van KwaZulu-Natal en die Transkei. In Engels staan dit bekend as die giant guitarfish.
Voorkoms
[wysig | wysig bron]Van bo af lyk die haai wigvormig met die twee pektorale vinne wat amper soos vlerke lyk. Dit het ook twee dorsale vinne en twee anale vinne. Dit is olyfgroen aan die bokant met wit kolletjies wat in rye oor die bokant loop tot by die tweede dorsale vin. Die haai kan tot 3 m lank en 227 kg swaar word.
Habitat en gewoontes
[wysig | wysig bron]Die haai verkies modderige of sanderige bodems tot 30 m diep. Hulle eet pylinkvis en klein vissies. Vier kleintjies word op 'n keer gebore in die somer. Die haai oorleef in oseanariums en word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Bron
[wysig | wysig bron]- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7