Rhamnaceae
Voorkoms
Rhamnaceae | |
---|---|
Rhamnus cathartica L. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | Rhamnaceae |
Tipegenus | |
Rhamnus | |
Genera | |
Sien teks. | |
Sinonieme | |
|
Rhamnaceae is die Blinkblaar-familie wat hoort tot die orde Rosales. Hierdie familie het 900 spesies wêreldwyd waarvan 170 spesies in Suider-Afrika voorkom en 10 bome is. Die bome in die familie is nie maklik herkenbaar nie alhoewel die genera maklik van mekaar onderskei kan word.
Kenmerke van die familie
[wysig | wysig bron]Die blare is enkelvoudig, dikwels glansend aan die bokant, afwisselend of halfteenoorstaande. Die vorm van die are op die blare is 'n fyn, reëlmatig netwerk of retikulum van vierkantjies of reghoekies.
Spesies
[wysig | wysig bron]Die volgende spesies kom in Suid-Afrika voor:
- Blinkblaar (Rhamnus prinoides)
- Blinkblaar-wag-'n-bietjie (Ziziphus mucronata)
- Bruinivoor (Berchemia discolor)
- Gewone hardeblaar (Phylica paniculata)
- Pondotreurdoring (Colubrina nicholsonii)
- Rooi-ivoor (Berchemia zeyheri)
- Seepbos (Noltea africana)
- Vals-wag-'n-bietjie (Ziziphus rivularis)
Sien ook
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Rhamnaceae. |
Bron
[wysig | wysig bron]- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Walter S. Judd and Richard G. Olmstead (2004). "A survey of tricolpate (eudicot) phylogenetic relationships". American Journal of Botany. 91 (10): 1627–1644. doi:10.3732/ajb.91.10.1627. PMID 21652313. (full text Geargiveer 8 Augustus 2009 op Wayback Machine )
- ↑ "Family: Rhamnaceae Juss., nom. cons". Germplasm Resources Information Network. United States Department of Agriculture. 17 Januarie 2003. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Junie 2011. Besoek op 29 Januarie 2011.