Rooireier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Rooireier
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Ciconiiformes
Familie: Ardeidae
Genus: Ardea
Spesie: A. purpurea
Binomiale naam
Ardea purpurea
Linnaeus, 1766

Die rooireier (Ardea purpurea) is algemene standvoël en plaaslike nomade by watermassas. In Engels staan die voël bekend as die Purple Heron.

Identifikasie[wysig | wysig bron]

Rooireier in brons deur Sarah Richards

Die voël is 78 tot 86 cm lank en weeg 550 tot 1200 gram. Dit is redelike groot reier maar heelwat kleiner as die reusereier. Die snawel en nek is lank en dun. Die kop is swart en gestreep terwyl die vlerke donkergrys is. Die kroon is swart en die bene en snawel ligter as reusereier s'n. Die jong voël is valer en ligter van kleur met minder duidelike kopstrepe en die rug is bruiner.

Hulle leef tipies tussen biesies en riete en soek selde kos in oop areas. Hulle broei alleen of in klein groepies.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bronnelys[wysig | wysig bron]