Rumatiekkoors

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Rumatiekkoors
Klassifikasie en eksterne bronne
Die bakterie Streptococcus pyogenes wat Rumatiekkoors aktiveer
Die bakterie Streptococcus pyogenes wat Rumatiekkoors aktiveer
Star of life caution.svg Mediese waarskuwing

Rumatiekkoors (Engels: Rheumatic fever (RF)) is 'n inflammatoriese siekte wat die hart, gewrigte, vel en brein aantas. Rumatiekkoors tree gewoonlik in na 'n keelinfeksie wat veroorsaak is deur die bakterie Streptococcus pyogenes en verwaarloos is. Dit gebeur net met sowat drie persent van mense wat strepkeel opdoen.

Simptome[wysig | wysig bron]

Die kenmerkendste simptooom van rumatiekkoors is artritis, of gewrigsontsteking.

Skade[wysig | wysig bron]

'n Ernstige aanval veroorsaak ontsteking van al die hartweefsels en dit kan tot die ongeneeslike beskadiging van die hartspiere en die hartkleppe lei.

Behandeling[wysig | wysig bron]

Die eens gevreesde siekte word vandag onder andere met 'n alledaagse geneesmiddel bestry. In die tweede helfte van die 19de eeu is die pynstillende effek van asetielsalisielsuur, beter bekend as aspirien, ontdek. Die Duitse farmakoloog, Hermann Dresser, het vanaf 1893 asetielsalisielsuur onder die handelsnaam Aspirien verkoop. Vir die stryd teen rumatiekkoors was hierdie middel van die allergrootste belang.

Sterftes aan Rumatiese hartsiekte in 2012 per miljoen persone.
██ 0-7██ 8-14██ 15-20██ 21-25██ 26-32██ 33-38██ 39-45██ 46-52██ 53-63██ 64-250

Aspirien in genoegsame dosisse toegedien, bring die pasiënt se koors vinnig af, verminder die swelling van die gewrigte en verlig die pyn.

Kortisooon word soms ook toegedien in 'n poging om die inflammasie van die hart te verminder en soedoende die skade aan die hartkleppe te beperk.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bronnelys[wysig | wysig bron]