Saturnus (mitologie)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Saturnus, deur Polidoro Caldara da Caravaggio , 16e eeu.

Saturnus was een van die hoof Romeinse gode en die god van landbou en die oes. Hy was in die klassieke antikwiteit geïdentifiseer met die Griekse god Cronus en die mitologië van die twee word gereeld gemeng en verwar.

Saturnus se vrou is die ekwivalent van Rhea en hy was die vader van, onder andere, Ceres, Jupiter en Veritas. Saturnus is ook die naamgenoot van die dag Saterdag. Die planeet Saturnus is ook na hom vernoem - in die antieke tyd was die planeet die verste van die sewe waarneembare planete.