Sebrahaai

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Sebrahaai
Bewaringstatus

Status iucn3.1 VU af.svg
Kwesbaar (IUBN 3.1)[1]

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Klas: Chondrichthyes
Subklas: Elasmobranchii
Orde: Orectolobiformes
Familie: Stegostomatidae
Gill, 1862
Genus: Stegostoma
J. P. Müller & Henle, 1837
Spesie: S. fasciatum
Binomiale naam
Stegostoma fasciatum
(Hermann, 1783)
Verspreiding
Verspreiding
Sinonieme

Scyllia quinquecornuatum van Hasselt, 1823
Scyllium heptagonum Rüppell, 1837
Squalus cirrosus Gronow, 1854
Squalus fasciatus Hermann, 1783
Squalus longicaudus Gmelin, 1789
Squalus pantherinus Kuhl & van Hasselt, 1852
Squalus tigrinus Forster, 1781
Squalus varius Seba, 1759
Stegostoma carinatum Blyth, 1847
Stegostoma tigrinum naucum Whitley, 1939
Stegostoma varium Garman, 1913

Die sebrahaai (Stegostoma fasciatum) is 'n haai wat in westelike Stille Oseaan en die Indiese Oseaan voorkom. Meer spesifiek, dit kom voor aan die ooskus van Suid-Afrika, noordwaarts vanaf Durban. In Engels staan dit bekend as die Zebra shark. Dit word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie.

Voorkoms[wysig | wysig bron]

Die haai het lang, slanke lyf met die breë stert wat langer is as sy liggaam. Bo-op die liggaam is longitudinale riwwe en die haai kan tot 3,5 m lank word. Volwasse haaie is geel of wit met donker vertikale strepe of donker kolletjies op die lyf. Die onvolwasse visse is donkerbruin tot swart. Hulle kom voor by koraal- en rotsriwwe tot op 'n diepte van 30 m. Die haai is ovipaar.

Leefwyse[wysig | wysig bron]

Die haai is 'n bodem bewoner en alleenloper; dit word dikwels gesien waar dit rus op die sand naby riwwe. Hulle vreet snags en vreet hoofsaaklik weekdiere, ongewerweldes en klein vissies. Die haai is nie agressief nie, is skaars en word dikwels vergesel deur remora's.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]

  • Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Pillans, R. and Simpfendorfer, C. (2003). Stegostoma fasciatum. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 12 Mei 2009.

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]