Sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Verenigde Nasies se embleem.
António Guterres, sekretaris-generaal sedert 1 Januarie 2017.
Kaart van lande wat al 'n sekretaris-generaal opgelewer het.
Die sekretariaatgebou is 'n 154 m (505 voet) hoog wolkekrabber en die middelpunt van die Verenigde Nasies se hoofkwartier.

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (SGVN) is die hoof van die Sekretariaat van die Verenigde Nasies, een van die belangrikste organe van die instituut. Die persoon wat die pos beklee word daarom feitelik as die hoof van die Verenigde Nasies beskou. Die sekretaris-generaal se magte is in hoofstuk XV (artikels 97–101) van die Handves van die Verenigde Nasies vervat, waar hy as die "die hoogste amptenaar van die organisasie" geskryf word.[1] Sedert 1997 bestaan die amp van die adjunk-sekretaris-generaal.

Oorsig[wysig | wysig bron]

Die sekretaris-generaal word normaalweg vir 'n termyn van vyf jaar aangestel, wat meestal tot tien jaar verleng word. So 'n persoon word deur die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies op aanbeveling van die Veiligheidsraad verkies. Die meeste sekretarisse het 'n vleklose agtergrond en kom uit middelgroot lande. Slegs Kurt Waldheim was omstrede a.g.v. sy betrokkenheid by die Duitse Wehrmacht. Groot name word soms genoem, maar hulle word nooit verkies nie.

Die pos van sekretaris-generaal word m.b.v. 'n rotasiestelsel oor die kontinente toegeken. In 2007 was Asië o.a. aan die beurt. Die Veiligheidsraad het Ban Ki-moon, Suid-Korea se minister van Buitelandse Sake, amptelik op 9 Oktober 2006 as kandidaat voorgedra. Verskillende stemrondes het plaasgevind, waartydens kandidate van ander Asiatiese lande onttrek het. Op 13 Oktober is Ban deur die Algemene Vergadering tot opvolger van Kofi Annan (uit Afrika) benoem.

Die sekretaris-generaal word in die Amerikaanse departement as 'n vierster-generaal behandel. Hy is ook 'n erkende "fons honorum" (iemand wat titels kan toeken). In die hoedanigheid skep en verleen hy onderskeidings, waaronder talle medaljes vir vredesmissies.

Sekretarisse-generaal[wysig | wysig bron]

Die volgende persone het as sekretaris-generaal van die VN gedien:

Foto Sekretaris-generaal Ampstermyn Land van oorsprong Opmerkings Verwysings
Sr. Gladwyn Jebb.jpg Sir Gladwyn Jebb 24 Oktober 1945 –
2 Februarie 1946
Verenigde Koninkryk
(Europa)
Waarnemend tot die eerste sekretaris-generaal verkies is
1 Trygve Lie.jpg Trygve Lie 2 Februarie 1946 –
10 November 1952
Noorweë
(Europa)
Bedank [2]
2 Dag Hammarskjöld 1961.jpg Dag Hammarskjöld 10 April 1953 –
18 September 1961
Swede
(Europa)
Dood in vliegongeluk oor Noord-Rhodesië (nou Zambië) [3]
3 U-Thant-10617.jpg U Thant 30 November 1961 –
31 Desember 1971
Burma
(Asië)
Tree na 2de termyn weens persoonlike redes af [4]
4 Bundesarchiv Bild 183-M0921-014, Beglaubigungsschreiben DDR-Vertreter in UNO new.png Kurt Waldheim 1 Januarie 1972 –
31 Desember 1981
Oostenryk
(Europa)
Sjina veto sy derde termyn [5]
5 Javier Pérez de Cuéllar (1982).jpg Javier Pérez de Cuéllar 1 Januarie 1982 –
31 Desember 1991
Peru
(Suid-Amerika)
Weier om 'n derde termyn te dien [6]
6 Naelachohanboutrosghali-2.jpg Boutros Boutros-Ghali 1 Januarie 1992 –
31 Desember 1996
Egipte
(Afrika)
Verenigde State veto sy tweede termyn [7]
7 Kofi Annan.jpg Kofi Annan 1 Januarie 1997 –
31 Desember 2006
Ghana
(Afrika)
Tree na tweede termyn af [8]
8 Bankimoon.jpg Ban Ki-moon 1 Januarie 2007 –
31 Desember 2016
Suid-Korea
(Asië)
Tree na tweede termyn af [9]
9 António Guterres November 2016.jpg António Guterres 1 Januarie 2017 –
Nou
Portugal
(Europa)
Tans in amp [10]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Die VN se Handves
  2. (en) Trygve Lie”. Verenigde Nasies. URL besoek op 20 Februarie 2008.
  3. (en) Dag Hammarskjold”. Verenigde Nasies. URL besoek op 20 Februarie 2008.
  4. (en) U Thant”. Verenigde Nasies. URL besoek op 20 Februarie 2008.
  5. (en) Kurt Waldheim”. Verenigde Nasies. URL besoek op 20 Februarie 2008.
  6. (en) Javier Pérez de Cuéllar”. Verenigde Nasies. URL besoek op 20 Februarie 2008.
  7. (en) Boutros Boutros-Ghali”. Verenigde Nasies. URL besoek op 20 Februarie 2008.
  8. (en) Kofi Annan”. Verenigde Nasies. URL besoek op 20 Februarie 2008.
  9. (en) Ban Ki-moon”. Verenigde Nasies. URL besoek op 20 Februarie 2008.
  10. (en) "Who is Antonio Guterres, the next Secretary-General of the United Nations?", The Telegraph, 5 Oktober 2016. URL besoek op 6 Oktober 2016.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]